LetterOpinions

Beleef SA ’n depressie?

Moedelose sake-eienaar van die Vaaldriehoek skryf:

Moedelose sake-eienaar van die Vaaldriehoek skryf:

Ek sien Vaalweekblad se werksoekershoek word elke week al groter en groter. Beteken dit dat die werkloosheidsyfer ook al hoe groter word? Ek het self ‘n besigheid en sukkel elke maand om salarisse te betaal, want die staat het nog nie eens die nuwe begrotingsgelde vir van hul departemente gegee nie, en sodoende sit ons maatskappy en honderde ander sonder geld. Daar is nêrens waar ons kan kla nie, want tot die Openbare Beskermerskantore antwoord nie hul telefone nie…wat op aarde gaan aan?

Is SA in ‘n groot depressie of wat? Ek sien niks in koerante nie… maar tog word almal daardeur geraak!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button