BlogsEditor's noteOpinions

Stad kort meer sulke geleenthede

Die pasafgelope Puk Super 16 sportgeleentheid wat by die Noordwes-Universiteit plaasgevind het, het weer gewys watter goeie brugbouer sport oor kleur- en kultuurgrense is.

Die pasafgelope Puk Super 16 sportgeleentheid wat by die Noordwes-Universiteit plaasgevind het, het weer gewys watter goeie brugbouer sport oor kleur- en kultuurgrense is.

Mens ervaar dit eintlik dikwels in Potchefstroom met sy talryke jongmense dat, terwyl mens soms moedeloos wil raak oor al die ernstige politieke geworstel, dat jy maar net op die Puk-kampus hoef te kom stap en sien hoe wit, swart en bruin met mekaar omgaan, om weer moed te kry.

Saterdag by die Super 16 se finale rondtes by die Fanie du Toit-sportterrein was dit weer treffend hoe mense nie meer kleur sien as die span op die veld gaan nie. Almal is saam bly vir ’n wen en saam teleurgesteld oor ’n verloor. Sport het die wonderlike eienskap om ons gemeenskaplikhede te beklemtoon en nie ons verskille nie.

Die NWU bied dwarsdeur die jaar verskeie sulke sportgeleenthede aan en die bogenoemde verhaal speel hom telkens langs en op die sportveld af. Daarom is dit jammer dat die NWU die afgelope tyd so om al die verkeerde redes in die media was. Veral as mens lees wat die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, Maandag na ’n simposium in Sandton aan Beeld gesê het, naamlik dat alle universiteite in ’n sekere sin dieselfde probleme het.

Die NWU hoef dus nie alleen uitgesonder te word as ’n sondebok van een of ander aard nie. Om terug te kom na sport behoort die res van die stad, veral met sulke goeie sportfasiliteite, meer geleenthede te skep waar ons rondom sport ons kultuurverskille kan oorbrug.

Die tyd is ryp vir ’n sportraad waar dié sake bedink kan word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button