LetterOpinions

‘n Oggend van hoop saam met bekende

Met internasionale oorwinnaarsdag in gedagte, hou Kansa vanjaar ‘n oorwinnaarsoggend genaamd Oggend van hoop.

Met internasionale oorwinnaarsdag in gedagte, hou Kansa vanjaar ‘n oorwinnaarsoggend genaamd Oggend van hoop.

Hierdie oggend vind plaas op 6 Junie met Elsje Neethling (swemsensasie Ryk Neethling se suster) wat ‘n kanker-oorwinnaar is. Sy sal haar verhaal kom deel met ‘n inspirerende boodskap van hoop. Heerlike verversings en gelukkige trekkings vorm ook deel van die program. Hierdie geleentheid is oop vir enigeen wat wil kom luister; dus is enigiemand welkom om die oggend by te woon.

Dit is ‘n fondswerwingsgeleentheid vir Kansa, so ondersteuning sal hoog op prys gestel word. Elsje het ook baie interessante krale, Hip E beads, wat sy self maak en tydens die geleentheid sal uitstal en verkoop. Gaan loer gerus op die internet na haar unieke skeppings!

Kom ondersteun hierdie oggend en koop ‘n kaartjie by die Kansa-kantoor in James Marokastraat 79, teen slegs R120 per persoon.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button