OpinionsSMS/ Lesers sê hul sê

SMS – 11 MARCH 2015

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet …

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak

* Die persoon wat sterk swartsakke gesoek het kan die volgende nommer skakel: 074 172 8003. Ek kry my sakke by hulle, dit is uitstekende kwaliteit en baie sterk, veral vir tuinvullis en ‘n billike prys. Tevrede kliënt.

* Die vroumens met die die kort swart chiffon rokkie wat verlede Vrydag by ’n hoërskool se sportbyeenkoms was, leer eers om ordentlik te sit as jy sulke rokkies wil dra. Kyk in die oggend in die spieël voordat jy uit die huis gaan. Jy is verseker ‘n verleentheid vir jou man en jou kinders.

* Mense ek vra groot asseblief help my om my ou karretjie wat onlangs in Meyerton gesteel is te vind. Dit is ‘n donker groen Ford Laser 1995 model, CWF 367GP. As pensioenaris kan ek u net uit die hart bedank vir u samewerking. 083 268 8417.

* Dr. C.E. Schmidt van Animaland, baie dankie dat u en u personeel met so baie liefde, deernis en respek opgetree het met ons troeteldier Cassie wat verhuis het na die hondehemel. Baie dankie. Wiek en Mathilda Crous.

* Wil net vir die dames sê wat so rondkyk en rondloop, julle mag maar. Moet net nie vergeet van Mnr. Big nie.

* Ek wil graag dames waarsku teen ‘n dressmaker in Risiville. Jy het my gesien kom, ek het nie die kennis van materiale soos jy, het ten duurste betaal, dan kry ek goedkoop lap. Sies vir jou, ek het jou vertrou en jy verstel ‘n boetiek se goed?

* Ai dierbare mense, ons as karwagte kry regtig swaar. Al koop jy met ‘n kaart, kan jy ‘n plan maak. Regtig, ons is afhanklik van jul donasies. As ons niks kry, wat eet ons? Hoe betaal ek skool en huur? Asb, help ons! Dankie vir u wat ons wel ondersteun. Karwag.

* Ek wil net hoor of Vaalweekblad nie vir die swartsak delwers dalk reflector baadjies kan sponser nie? Hul loop in die oggende in die donker strate, mens sien hul nie. Voor een dalk raakgery word. Baie dankie.

* Ek het so lekka gekry toe New Zealander Triggs vir Stormers bakleigat Vermeulen ‘n KO gegee het! Silwervaring.

* Darem maar ‘n snaakse konsep dat Genl. Smuts die geesbeker wen by interhoër en dan wen Gimmies die geesbeker by super-inter waar skole met 400 en meer leerders sing… dalk weer eens ‘n emosionele besluit oor ‘n bejammering soos elke jaar tevore…
(Ons verstaan nie mooi wie bejammer vir wie nie. Ons is wel jammer vir al die kele van die ondersteuners by die Vaaldriehoekse sportbyeenkomste, want dis duidelik, ál ons jonges het fantastiese gees! Red).

* Op soek na Waynedotte hoenders, sal betaal? 084 773 7549.

* Ja, Hans, weet jy! Dit pla my ook baie dat die skelm toordokters so baie adverteer! Wat my nog meer pla is die feit dat Christene val vir die liegstories! Onthou net: Satan sê I heal you for a season to torment you for eternity! Lena.

* Ek dink dit is tyd om Vanderbijl se straatname na ou MK en vryheidsvegters te verander, want ek raak moeg om elke dag in Pres. Steyn en Christiaan de Wetstraat af te ry! Zodiac.

* Ek stem saam oor die vrou wat haar kind by die laerskool gaan haal in die kortste rokkies wat net die nodigste toemaak. Ek geniet elke dag, want jy is pragtig.. Spog met wat jy het! Kallie.

* Ek trek kwaliteit-trekke vir u goedkoop om my Jesusbediening te dra. Seënwense. 082 950 2379.

* Soek kamer te huur vir my seun naby Sasol, hy leer daar. Ry in en uit van Fochville af. Dis te ver, hy soek nader plek. SMS na 073 543 1941 of 083 229 6302. Baie dankie.

* Soek asb. baie dringend 1/2 slaapkamer woonstel om te huur vanaf 1 April. Kan R2 500 bekostig. Groot asb. 076 708 7827.

* Die persoon wat horlosie binnegoed soek – probeer die Oriental Plaza, miskien ‘n winkel wat horlosies verkoop (het onlangs daar horlosie binnegoed gekoop).

* Soek saamrygeleentheid van Vanderbijlpark tot in Sasolburg CBD. Werksure is 7:30 tot 17:00, Maandae to Vrydae. Sal help met petrol. 082 483 8658. Samantha.

* Oom Kalimarie, wil net vir jou sê baie dankie vir dit wat jy vir my doen, waardeer en is baie lief vir jou. Groete. Mickey.

* Is daar dalk iemand wat ‘n groot stoet reunhond het? Ek sal hom met love vat asb. 074 714 8242.

* Goeie dag, ek is dringend op soek na ‘n 43cc of 52cc petrol brushcutter met die belt in ‘n werkende toestand wat ek kan afpetaal wat nie so dier is nie. Kan my bel of SMS. 072 271 7473. Jaco.

* Ek is baie ongelukkig met ‘n sekere pet-shop. Ek het ‘n katjie gekoop, vra vir ‘n tefie dan kry jy ‘n mannetjie. Die eienaar is ongevoelig dat katjie siek geword het. Veearts sê hulle kry baie klagtes oor siek diere van daar af. Diereliefhebber.

* Hi mense ek wil net vir julle vra of het iemand vir my ‘n enkelbed wat ek kan ek koop asb? Nie te duur nie. Baie dankie. U kan Bettie by 082 478 2584 skakel.

* Ek is op soek na ‘n telefoonnommer van George Prinsloo. Sy moeder se van is Mostert en sy het by Mitco Tools in Vereeniging gewerk. Sy was woonagtig in Sasol en het hare gedoen by Marie Uys in Vereeniging. Moet asb. nie bel nie, stuur SMS aan 082 744 7170. Ons was saam in graad 1 en hy’t elke dag vir my ‘n tiekie gebring vir roomys na skool.

* As daar iemand is wat ‘n blommekursus aanbied, SMS jou nommer vir my na 082 744 710 asseblief! (u nommer is onvolledig – Red).

* Ek is dringend op soek na mense wat doeke vir grootmense verkoop of wil weggee. Die goed is peperduur en ‘n oumens kan dit net nie bekostig nie. My man se ingewande is besig om in te gee en hy is baie siek. Kan iemand dalk help? 073 084 6199 of 072 440 8954. By voorbaat dankie. Die grootte is ‘n large.

* Ek wil graag met die gemeenskap deel: As jy ‘n skoon dorp wil sien met die mooiste strate sonder potholes en lieflike winkeltjies, gaan besoek gerus Heidelberg Tvl. Dis ‘n belewenis.

* Op soek na ou stukkende yskaste en aircons om te koop. 072 724 0674.

* Daai een wat kla oor die nommerplaat, “Gee Pad”, shame gaan koop ‘n Ford Ranger en dan praat ons weer.

* Is jul te bang om teen SAP iets te sê? Betaal hulle die koerant om net nice goed te sê? Dieselfde vark, moet ek sy nommer gee? Hy het my weer ‘n kaartjie gegee.
(Iemand het jou verkul. Die polisie gee nie boetekaartjies nie. Ongelukkig betaal hulle ons nie om nice goed te sê nie. Ons doen dit sommer gratis. Red).

* Die slegte wit mans wat so sonder werk sit by die huis en drugs doen, julle moet oppas, ek gaan laai julle af by die AWB. Hulle sal van julle ‘n man maak. Denise van Sasolburg.

* Baie dankie vir die berig, Geen Inkomste maar te ryk vir Kerspakkie. Snaaks genoeg… niemand lees die Vaalweekblad nie? Niemand kan my kontak ivm my sogenaamde inkomste nie. ‘n Hele maand later. Asb, ek vra weer daarvoor. Nou wil ek verder gaan… almal wil alles leen of dink die welsyn bly by my… nee!!! Ek het gewerk vir die bietjie wat ek het en niemand leen meer by my nie. Ek’s nie die welsyn nie. Ek het so baie te sê oor die pastoor van die omgewing en die leners, maar dit los ek vir ‘n ander keer. Nogmaals dankie Vaalweekblad!

* Hoe kan mense wat staatspensioen kry hul geld by die dobbelplek in Meyerton uitmors? Daar is mense wat die geld meer kan gebruik wat bitter swaar kry. Dankie vir jul puik koerant. Koekie.

*Tsk, tsk, tsk…Aan die galbraker oor die Gee Pad nommerplaat: Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Kry ‘n stokperdjie, of gaan stap met jou hond…. of leer ken die eienaar van die kar… dalk verbaas sy tipe en styl jou. Sterkte!

* As ’n sekere apteek se personeel en apteker in Sasolburg nie die mas kan opkom met lang ure nie, niemand dwing jul om noodapteek te wees nie. Gaan haal jul irritasie by jul huis uit. Geskok van Sasol.

* Ek het ‘n ou exhaust silences en exhaust pype nodig. As u het, bel my by (016) 455 5474 of 082 425 9955. Dankie.

* Goeie dag. Ek soek asb. ‘n baba monitor en ‘n kot om te koop. SMS asb. na 079 888 1911. Baie dankie.

* Ek wil net vir Steyn – hy weet wie hy is – sê baie dankie vir die gee van die Vaalweekblad in my posbus. Ek waardeer dit opreg.

* Dit is so ’n plesier om al die skole se foto’s en aktiwiteite in Vaalweekblad te lees. Ek het dit regtig geniet! Al die aksies! Wow! En almal ewe pragtig! Magda.

* Ek is asb. op soek na ‘n tweedehandse hasie hok om te koop? 082 321 6461.

* Mis jou – swartkop meisie met lang hare wat onlangs by OK Everest gewerk het. Het jou elke dag daar gesien, veral smiddae na 5. Hoop om jou weer te sien. Ou met eentonige kos.

* Kan die persoon wat vroegoggend koerant aflewer in Sonlandpark/Falconridge my SMS? Ek sal terugskakel asb. 082 880 8098. Dankie.

* Hoe kry mens permanent marker swart uit klere uit? Enige raad asb. Julle kan my SMS of WhatsApp by 076 714 7697.

* Sasolburg,Vereeniging,Vanderbijlpark Kommando metaal- en browns skouerflitse gesoek. Sarel. 082 761 9109.

* Op soek na pas-pop vir die maak van klere. Verkieslik ‘n verstelbare een. Vanaf grootte 10. 084 312 8611.

* With regards to previous SMSs from people asking for donations. I know times are hard but if you know the man of the house is the only breadwinner, why do you persist in bringing a new baby into the world and then asking for baby items such as shampoo and so on? Have you never heard of birth control? Condoms are free at the clinic!

* Daai boetman wat daar by ‘n sekere pandwinkel in Vanderbijlpark werk. Jou kleredrag is maar partykeer slordig en dan ook daai tande van jou ook. Dink jy nie jy gooi ‘n goeie besigheidsman se naam in die water nie? Ek sou al lankal vir jou ‘n uniform aangeskaf het. En het jy nie geleer wat is ordentlikheid nie? Nee mens, kry trots.

* Hoe nou? Koop by Clicks Meyerton Accutrend glukosemasjien. Dit gee probleme en ek neem dit terug en die apteker ruil dit om vir ander een. Gee ook probleme – apteker neem hom terug en gee op 28 Des 2013 vir ons heel ander maak, nl. Gluco Check classic-masjien. Geen probleem, maar sukkel om toetsstrokies te kry vandag op 3 Maart. Die vloerbestuurder sê jammer dit was ‘n promosie- masjien en toetsstrokies is nie meer beskikbaar nie, hulle kan ons nie verder help nie. Wat nou? Ekke.
(Hopelik is daar ’n leser wat vir u nog toetsstrokies het. Red).

* Ek soek asb. raad met kakkerlakke. Het die lokaas gebruik, maar sukkel nog steeds. SE. 082 852 5064.

* Ek wil graag 30 kilo’s verloor by Sonlandpark Apteek, maar het geen inkomste nie. Is 44 jaar oud, blanke dame.

* Ek is op soek na die mense wat hondemandjies verkoop het by die kruising by Ocumed, as enige iemand dalk weet wie dit was, kontak my asb? 071 249 6325.

* Ek soek na iemand wat belangstel in fotografie, wat saam met my kan uitgaan en foto’s neem. Ek is 64 jaar oud. Mense nie te jonk of te oud. Mense wat kan loop en bereid is om baie te loop kan my kontak. Martie. (Jou foonnommer?)

* Ek wil net vir die dame by die Vodacomwinkel in President Hyper Vaal sê baie dankie vir jou goeie en vriendelike diens. Groete. Oom Kalimarie.

* Maak my die joos in as die Ster-joggies wat loop en aflewer altyd kos of iets bedel, hulle kry mos ‘n salaris!

* Ons vra of iemand ‘n baba stootwaentjie het wat nie meer gebruik word nie, om dit vir ons te skenk. Dit is vir ‘n tweeling babas, nou 4 maande. Die mamma sukkel regtig en sy het ‘n kleuter wat sy na die kleuterskool moet vat en gaan haal, sy sal dit eerlikwaar waardeer. Haar kontaknommer is 061 017 5533, Nancy is haar naam. Baie dankie ook aan Vaalweekblad se goeie SMS’e. Ester.

* Daar is ‘n skrotmetaal handelaar in die Vaaldriehoek wat weet die goed wat diewe inbring is gesteel, maar hulle aanvaar dit en gee hulle so-te-sê niks daarvoor. Julle verhoog misdaad en jul weet dit kom van nabye besigheidseienaars se persele in die nywerheidsgebied! En jul houding teenoor die publiek spreek boekdele!

* SMS oor vrou met skraps klere verwys: As die ander mans kyk na hoe jy aantrek….wel dan moet jy seker beter as hulle vrouens lyk.

* Waar kan mens kragstelers anoniem rapporteer?
(SMS “kragsteler” en die adres na 45534. Vaalweekblad rapporteer dit anoniem aan die stadsraad se elektrisiteitsafdeling. Red).

* Hoekom is haarkappers so duur maar maak so droog dat mens nooit tevrede is nie? En nee, ek is nie ‘n klakous nie, soek net kwaliteit-diens vir my geld! Dieselfde met naeltegnikuste. Hulle weet ons vrouens probeer maar netjies lyk, so hul vra net wat hul wil en ons moet betaal! En maar stilbly as ons ontevrede is!

* Diensgeld wat teruggehou word in SE 2/3. Trots op julle! Kom ons kyk of die res van die klaers julle sal join en of ons Suid-Afrikaners bymekaar kan staan.

* Ek is op soek na wynruitplantjie, sal dit waardeer. 083 312 7074. Dankie.

* Driehoek, my hart bars van trots op julle, julle houding bly absoluut statig, ongeag al die leuens wat oor julle versprei word en die kinderagtigheid wat in die dorp heers. Dankie dat julle nie deel uitmaak van die kinderagtige vandalisme teenoor ’n ander skool nie. Julle is beter as dit (dis net so goed ek steel ‘n kar en los my naam). Ek hoop van harte dat wie ookal die vandale is, dat hulle name gepubliseer sal word….. op die voorblad met foto’s van hulle. Hoekies julle is tops!

* Hi daar almal, ek is op soek na ‘n klein betroubare motor wat ek kan afbetaal, maar goedkoop, al kort hy bietjie aandag. Sukkel sonder vervoer. Bly op Mullerstuine plotte. Groot asb. en dankie. Koos Herbst. 071 427 1366.

* Ilze baie dankie vir die 28 jaar wat ons getroud is, is lief vir jou vir altyd. Van jou man Frikkie.

* Graag wil ek my gelukwensing aan HS Transvalia oordra met hul puik prestasie om op te skuif na die A-afdeling van die Pukke se Super 16 atletiek. Dit wil gedoen wees, maar verg harde werk. Weer eens baie geluk. Trots Transvalia.

*Ai ai wil die lesers van Vaalweekblad asseblief nie ophou om ‘n persoon wat hul op een of ander manier seermaak, so te verwens nie. Dis vir my so lelik. Ouma.

* Is op soek na ‘n JoJo watertenk. Sal betaal. 082 828 0224.

* Mense moet gewaarsku word deur wie gemagtig is om jou voertuig in te sleep indien in ‘n ongeluk of enige ander rede.

* Op soek na ‘n tweeslaapkamer woonstel/ grannyflat of meenthuis in Vanderbijlpark vir einde Maart. 083 520 5771. Norma.

* Ek het op 3 Maart langs die ouetehuis voor Eligwa laerskool gestop en vir my kind wat netbal geoefen het, langs die veld gaan wag. Toe ek terugkom by my motor, het iemand my motor rondom vol diep skrape gekrap. Wens ek weet wie was dit.

*As daar mense is wat my kan help, ek is werkloos en het ‘n vrou met vier klein kindertjies, as daar iemand is wat skrep weggooi of ander goet het wat hulle weggooi, kan hulle my laat weet by 072 724 0674.

* Ek wil kommentaar lewer op die persoon se SMS in 18 – 20 Februarie se uitgawe. Ek stem 100% saam met jou. Jy hoef nie dieselfde insleepdienste te gebruik nie. Skakel jou versekering en hul sal vir jou sê of iemand uitstuur. Dis veiliger! Die mense wat insleep se naam moet duidelik op hul insleepvoertuie wees, sowel as hul besigheidsadres. Wees asb versigtig.

* 0ns is bly Alex de Koker en sy tjommie gaan tronk toe. Hulle is moordenaars.

* Laas week Vaalweekblad dame by stoor, waarvoor staan PPE? Nog nooit van dit gehoor nie, bubblegum wel. Ek is dalk stupid, weet nie!
(Ons weet ook nie. Dalk Pers-Paas-Eiers? Red).

* Daar is ‘n plek in die Vaaldriehoek waar jy vlugte kan bespreek. Oppas, want die tye wat hulle vir jou bespreek stem nie ooreen met wat werklik plaasvind nie. Groete.

* SMSe oor skrapsgeklede vrou: Julle het blykbaar geen idee hoe die vrou (by ’n laerskool) lyk en hoe en wat sy aantrek nie!! Nee wat, mens kry sexy en dan kry jy…. wat mens dit ookal wil noem….. Tot my man lag vir haar!!
(Solank hy net nie lag van plesier nie! Red)

* Dis maklik om te sê hou buite jou erf skoon as almal op jou sypaadtjie sy middagete kom geniet. Kentuky, Mc Donald’s, Wimpy ens, asook verkeersafdeling wat dink dit is ‘n lekker plek en al hul rommel neergooi. Die bome gee koelte om ‘n lekker ete te geniet. Tel elke week twee swartsakke rommel op. Hoekom as hy die kos koop en in sy motor ry tot hier, kan hy nie die leë houers saamvat nie, want dis mos leeg? Lekker om aan ‘n grootpad te bly. Het al houtstompe op my sypaadjie gesit, maar dis die volgende dag weg. Houtkopweg, Vereeniging.

* Leeuhof in Vereeniging kry die afgelope twee maande nie meer die Ster-koerant nie.
(Ons meld dit aan by die verspreiders. Red)

* Hi hoekom mag ‘n persoon hul dienste as ‘n eiendomsagent adverteer onder jul SMS blad? As ek wil koekies adverteer is dit ‘n besigheid en moet ek agter in koerant betaal vir ‘n add.
(Het ’n slim eiendomsagent ons sowaar gevang? Miskien moet jy ook begin kluitjies bak pleks van koekies! Red).

* Ek het ‘n enkelbed matras wat in my buitekamer staan en nie gebruik word nie. Dei matras is oud maar as daar iemand is wat regtig swaarkry en dit bitter graag nodig het en kan gebruik, kan jul hom gratis kom afhaal. Esmari 082 550 3736.

* Aan die redakteur, ek geniet die SMS-blaaie baie, maar veral die waarop jy comment, ek soek net die SMS’e uit waarop jy antwoord en jou antwoorde is altyd baie snaaks en soms sarkasties, kan jy asb. meer op die SMS’e reageer? Ek lag te lekker, jy’s uitstekend! André R.
(Dankie André. Hoe laat bloos jy mens nou! Red).

* Frik E. Jy is seker een van daai ou mans wat dink hy is nog ‘n tiener. Maak jy jou oë oop en wat de m@$r het my selfoon met dit uit te waai! Ek is nie so onnosel om op my selfoon te klets as ek bestuur nie. Kyk jy rond dan sal jy dit dalk sien! In my oë is hulle plein orig. Kan nie eers behoorlik loop nie, maar petrol kan hulle trap! Of is jy dalk die ou man in die groen Uno?

* Ek wil graag aan die jaagduiwels net sê, hoop julle kry ‘n pothole. Pragtige kind van 19 jaar wat haar lewe verloor het as gevolg dat jy 1ste wil kom om voor almal te wil wees. Hoop jy slaap nooit weer nie. Mag die Hemelse Vader jou vergewe. Maar daai pragkind is van haar lewe beroof. Mag jy in die lewe elke dag aan haar dink.

* Jamome naaimasjien se spoedkontrole, al wat ek kan sê is trek die kragprop uit. Dis ‘n goeie een!

* Ek weet nie hoekom weldoeners nie vra dat ons liewers geld skenk aan om mans te kastreer en vrouens te steriliseer wat nie vir kinders kan sorg nie. Het vriende wat elke dag bid vir ‘n kindtjie wat dit kan bekostig om een te hê, maar al die wat dit nie kan bekostig nie teel aan. Hoekom gee hulle nie die babas vir aanneming nie? Hulle het dan ‘n beter toekoms voor hulle.

* Ek hoop jy wat oor die stop gejaag het, wat die pragtige Loandrie haar jeug en lewe ontneem het, slaap nooit weer nie. Ek het ook ‘n kleindogter wat ook ‘n 1ste jaar student is aan NWU. Mag God jou vergewe vir haar lewe wat jy geneem het.

* Moreh en Morah. Met jul puddingbakke en sirkustoue bly jul great mense…..

* Los windgat manne met Rangers en Fortuners uit-dis nogal iets vir die oog as die se vrouens uitklim – hoop hul almal wil mini’s en rokke dra – mooi man ons almal geniet dit. Groete. Hoop verkope skiet hoogte in.

* Hierdie is seker ‘n grap, maar dit hoort nie in die grap-kolom nie. Op 28 Feb kry ek ‘n oproep van munisipaliteit Die vrou vra toe wanneer ek my rates en taxes kan betaal. Dit is einde van die maand. Ek het mos nog tyd. Sy sê die bedrag is R201.60. Ek sê toe iets is verkeerd. Dit is nie die bedrag nie, want ek weet ek skuld ‘n paar maande s’n, oor die R800. Straatligte brand nie. Sy hou voet by stuk R201.60 is die bedrag. Ek weet ek sal die volle bedrag moet betaal, maar ai mense, weet hulle wat hulle doen? Kan nie eers die state lees nie. GE.

* Ek wil graag weet hoekom werk ons kinders so hard in die skool en dan kry hul nie erkenning daarvoor nie? Daar is kinders in ’n sekere laerskool wat erekleure kon kry vir akademie, maar mis dit met 0.1 persent! Hulle werk hard, leer hard en op die sportveld doen hulle ook hul deel.
Dit breek ‘n kind se hart as hulle nie erekleure kon kry vir die harde werk nie! Dis nie eens ‘n halwe persent wat hulle kort nie!! Vra maar net..

* Aan JP wat so graag ‘n skruiwer wil word. Ek kraak jou nie af nie, maar wil net sê as jy regtig ‘n skrywer wil word, sal dit dalk goed wees as jy vir ‘n begin net eers leer spel. Martiens.

* Dankie vir almal wat gehelp het met my seun Casper Johannes Groenewald se afsterwe 10 – 02 2015. Dank aan ER24, US Alarms en mev. Maartens.Van Gert Groenewald.

* Trotse ouer van Valuable, is baie bly om te hoor julle het sulke klomp pragtige engeltjies..

* Ek is op soek na ‘n seiltjie wat agter op ‘n Ford Ranger, die nuwe soort, kom. Dit is vir ‘n cab en ‘n half, sal hom oorkoop asb. Kan my kontak by 076 329 8055. Bettie.

* Hi daar. Ek wil net graag baie dankie sê aan die gawe man wat my Dinsdag die 24ste Februarie uit die pad gehelp het nadat my kar gaan staan het en al die ander mense vir my vuil gekyk het of tekens gegooi het.
En aan die twee dames wat gevra het of daar iets is wat hul vir my kon doen na hul gesien het ek’t my klein seuntjie by gehad. Baie dankie. Dis wonderlik om te weet daar is nog mense wat omgee…

* Ek is Vrydag binne in ‘n Vdbp winkelsentrum beroof van R1 000, net nadat ek geld by ‘n OTM getrek het. Maak seker dat jy dadelik rondkyk as dit lyk of iemand opsetlik aan jou stamp of vasloop. Een stamp jou en die ander een gryp jou geld/beursie uit jou handsak sonder dat jy dit agterkom.

* Lekker jaloers, ne! Daardie mamma van Eligwa is pragtig! Ook ‘n mamma.

* Aan jou, my sielsgenoot wat ek met my lewe vertrou het en my nou geïnfekteer het met HIV, jy het jou status geweet en my nou behandel soos melaats. Jou dag sal kom, jy was ontrou aan my. Ek dank die Hemelse Vader ek het nie groener weivelde gesoek nie. Ek was vir jou alles wat ‘n man in ‘n vrou kon vra. Ek is gebroke, mag God jou seën, jy sal weet wie jy is.

Hulp gevra:

* Ek is op soek na klere vir my en my seun asb. Hy is 6 jaar oud. Mansbroeke 36 of 38, skoene nommer 9. Vdbp-area. Michael. 061 933 9081. Dankie.

* Het dringend adult nappies nodig vir ‘n bejaarde vrou wat in ‘n rolstoel is as u dalk het wat u nie gebruik nie. Baie dankie. 082 425 9955 of (016) 455 5474.
* Kan iemand my asb. help met ‘n ou wendyhuis of ‘n karavaan asb? Die ou wit man bly op straat en ek wil die man help, die man kry net staatspensioen. Dankie. 076 322 9792

* Ek is ook op soek na goet wat mense weggooi as hulle trek en nie meer wil hê nie. Rhinda. 079 075 4203

* Hi ek wil net weet of iemand asseblief vir ons kan help met ‘n veiligheidshek wat rondlê? Ons kry net staatstoelae, daar is nie geld om een te koop nie, groot asseblief. Baie dankie. 073 935 0400.

* Ek is op soek na iemand wat my kan help met ‘n kemoud vir my pa, want hy kan nie gewone geriewe gebruik nie en finansieel kan ons nie een bekostig nie. Sonia. 084 896 496. Sasalburg. Dankie.

* Kan iemand my asb. help met xstra large weggooidoeke vir ‘n gestremde seuntjie van 7 jaar en ‘n stootkar vir hom? Ons bly in Vereeniging en het nie vervoer om te haal. As iemand kan help, kontak my by 061 339 6816

* Op soek na enige meubels, elektriese ware, matte en gordyne wat u nie gebruik. Was op straat en het nou plek gekry. Asb. sal dit waardeer. Dankie. Stompie. 072 436 5060.

* ‘n Groot gesin benodig dringend hulp, enige voedsel en huishoudelike items, ons sal dit baie en opreg waardeer. Duisend dankies. 079 289 1218

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button