HealthLetterLifestyleOpinions

Ondersteun ‘hengse’ fees vir Hennie

Marius de Vos, bekende omroeper van IFM 102.2 skryf: Alle Valies … kom ondersteun asseblief ons fondsinsamelingskonsert ten bate van die 15-jarige Hennie Marx op 23 Mei by Sharky Town! Hennie is die oudste van twee kinders wat tans saam met hul ouers in ‘n Wendy-huisie bly, agter in hul ouma se erf, weens finansiële …

Marius de Vos, bekende omroeper van IFM 102.2 skryf:
Alle Valies … kom ondersteun asseblief ons fondsinsamelingskonsert ten bate van die 15-jarige Hennie Marx op 23 Mei by Sharky Town!
Hennie is die oudste van twee kinders wat tans saam met hul ouers in ‘n Wendy-huisie bly, agter in hul ouma se erf, weens finansiële stremming.
Hy is maar net ‘n jong 15-jarige seun wat graag aan jongmensaktiwiteite wil deelneem, maar verhoed word deur ‘n breuk wat hy van jongs af al het. As gevolg daarvan kan hy nie eers aan krieket deelneem nie, en dit is sy groot begeerte om dit te kan doen.
Hy is ‘n seun wat baie konserwatief grootgemaak is en baie respek betoon aan almal wat op sy pad kom en ook gewild is onder sy maats. In 2011 is hy in ‘n privaathospitaal geopereer in ‘n poging om die breuk te herstel, maar dit was onsuksesvol. Hy het onlangs met ‘n fiets geval, wat sy kwaal baie vererger het.
Hy het dringend mediese hulp nodig, so kom ons as Valies maak ons harte oop vir een van ons eie… Baie dankie van my kant af aan Chris Combrink en Vernon Philander wat my baie gehelp het met al die reëlings vir die konsert. En natuurlik ‘n reuse-dankie aan ons 12 kunstenaars wat sorg dat die program lekker vol is, en natuurlik gratis optree vir Hennie. Dit sluit onder andere in: Vernon, Carlo Leone, Elzé, Frans van Aswegen, Gerrie Snyman, Ampie & Herbie, Roy Ellen, Quinton van Eyck, Francois Jenkins, Wilize, en Riaan Wilken. Ondersteun asseblief die aand, die toegangsfooi by die deur gaan alles vir Hennie!

 

Related Articles

Back to top button