Blink hokkie-toekoms vir Parys
Daar is groot opgewondenheid vir die 2025 seisoen en die toerspan is reeds gekies.
Harde werk en spanwerk het gesorg vir ‘n baie suksesvolle hokkieseisoen vir Parys Primêre skool se hokkiespelers. Dit was egter net moontlik danksy elkeen wat bygedra het tot die sukses van die spanne, en met borge se ondersteuning, sê die skool se hokkie-afrigters.
Leerders het hul alles op die veld gegee en het die vasberadenheid en toewyding van spelers met elke wedstryd opgeval. Die ondersteuning van ouers, en afrigters se energie en tyd wat in die spanne belê is, verdien ook ‘n pluimpie.
Spesiale dank aan Chantal le Roux van 3%. Com vir die borg van die eerstespan rokkies, Dewfresh wat die tweedespan rokkies geborg het, en ‘n anonieme borg vir die mini-hokkiespan se rokkies.
Daar is groot opgewondenheid vir die 2025 seisoen en die toerspan is reeds gekies.