Local newsNews

Oranjestraat-inwoners juig oor Operasie Skoonmaak

Die munisipale bestuurder het op 13 September self die terrein besoek, en is daar opdrag gegee vir die afbreek van die murasie en skoonmaak van die terrein.

Sien is glo! Daarvan kan inwoners van Oranjestraat getuig nadat die rivierfront-gedeelte langs dié straat die afgelope weke deur die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se Parke afdeling met die bemiddeling van raadslid Marinda Matthysen-Engelbrecht en met die samewerking van die munisipale bestuurder, dr. Futhuli Mothamaha, ontbos en skoongemaak is. Die eindresultaat is ‘n netjiese terrein vir hengelaars en inwoners om die rivierfront weer soos van ouds hier te kan geniet.

Die inisiatief het gekom na ‘n openbare vergadering van die Vryheidsfront Plus in Augustus waar inwoners gekla het oor die rommelstrooiing op die terrein, voortslepende rioolprobleme en die toename van inbrake en dwelmverwante klagtes weens haweloses wat hier gebly het in die murasie van die ou klubhuis op wat vroeër bekend was as die Mimosa-hengelgronde.
Matthysen-Engelbrecht het die rioolafdeling gekontak wat ondersoek ingestel het na die rioolprobleem en toe ‘n blokkasie gekry het wat skoongemaak is. ‘n Rioollek hoër op in die straat is ook reggemaak. Daarna is aandag gegee aan die waterprobleem weens ‘n ondergrondse klep wat toegedraai was.

Die munisipale bestuurder het op 13 September self die terrein besoek, en is daar opdrag gegee vir die afbreek van die murasie en skoonmaak van die terrein.

Daar word sedert 8 Oktober gewerk om die rivierfront-terrein langs Oranjestraat te ontbos en skoon te maak.
Rdl. Marinda Matthysen-Engelbrecht saam met een van Oranjestraat se inwoners op dié terrein wat nou baie netjieser lyk.

Die Parke-afdeling het op 8 Oktober volstoom begin om riete te verwyder, bome te snoei, te ontbos en die terrein skoon te maak. Die span is steeds besig hier.

Oranjestraat se mense sê daar word al drie jaar lank gekla, maar nou glimlag hulle breed oor die verskil wat hier gesien word. Boonop bring hulle self hul kant om te help om die sypaadjiegras te sny. Dr Mothamaha het aan Gazette gesê dat ‘n nuwe laaigraaf, vandeesweek gekry is, en ‘n ‘cherry picker’ om aan die kraglyne te werk,  op 4 November ontvang word.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button