Local newsNews

Net sewe dae oor om jou droom matriekrok in te skryf

Fantastiese pryse moet gewen word

‘n Prys ter waarde van nagenoeg R14 000 geborg deur Emerald Resort & Casino, ‘n photoshoot, bootrit by Stonehaven, en ‘n maandlange borgskap by ‘n modelskool is net enkele van die fantastiese pryse wat wag op die wenner van vanjaar se matriekrok-kompetisie wat deur MooiVaal Media, eienaar van Parys Gazette, aangebied word.

Inskrywings is oop tot 20 Oktober waarna lesers aanlyn sal stem vir hul gunsteling matriekrok. Moenie wag nie – skryf sommer vandag nog in en staan ‘n kans om te wen.

Matriekmeisies van Parys,Vredefort en Viljoenskroon kan inskryf.

Inskrywings is gratis.

Al wat jy moet doen is om die digitale inskrywingsvorm te voltooi waar jy jou naam en van, telefoonnommer, e-pos adres en skool se naam invul, en heg dan jou matriekrokfoto aan.

Skryf in by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/matric-dress-competition/

of skandeer die QR-kode hieronder wat jou direk na die inskrywingsvorm sal neem.

Jy kan nie dié kans deur jou vingers laat glip nie want elkeen van ons matrikulante het vanjaar besonder mooi gelyk op hul groot aand, en wie weet – dalk is jy die wenner.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button