‘n Goed georganiseerde straatmyl het vroeg vanoggend honderde deelnemers na Parys se hoofstraat gelok vir die jaarlikse Parys Crater Street Mile. Uiteindelik was dit Carina Viljoen en Luan Munnik wat weggestap het as die Elite Dames en Elite Mans wenners onderskeidelik na wat beskryf is as die Créme de la Créme van wedlope met van die land se voorste name in atletiekkringe wat die straatmyl teen ‘n verbysterende spoed gehardloop het.
Uit Hennenman was die laer- en hoërskool en Goudveld Multisport verteenwoordig. Besighede het spanne ingeskryf. Vriende en families het saamgestap. Maande se beplanning wat ingesit is, om ‘n straatmyl te kon aanbied wat net van krag tot krag gaan.
Vanjaar was die derde straatmyl wat deur Parys Rotary en Parys Info & Tourism aangebied is, en selfs rugbylegende, Frik du Preez was in die dorp om dié aksie te aanskou. Lees die volledig berig in eersvolgende uitgawe van Parys Gazette.