Local newsNews

Dié strate gesluit vir duur van straatmyl

Die eerste wedloop begin vanoggend om 07:00

Parys se hoofstraat gaan Saterdagoggend wemel van die voete en tekkies wanneer talle bekende atlete, maar ook oud en jonk sal aantree vir Parys Crater Street Mile. Die uiters gewilde straatmyl laat jaarliks bekendes na die dorp stroom.

Deelnemers volg ‘n roete van 1 609,4m – die presiese afstand van ‘n myl wat aangebied word deur die Parys Rotaryklub in samewerking met Parys Info & Tourism.

Atlete spring weg en eindig in Waterstraat by die Spur-ingang van die PnP-sentrum. Die draaipunt van die roete is by Plum Tree Restaurant in Breëstraat. Die halfmyl deelnemers (sewe tot nege jaar) spring ook weg in Waterstraat by die Spur-ingang van die PnP-sentrum, maar draai dan by die 400m merk.

Die roete is gesertifiseer volgens Wêreld Atletiek, Atletiek SA en Atletiek Vrystaat regulasies, wat beteken dat deelnemende atlete met die straatmyl kan kwalifiseer vir provinsiale, nasionale en internasionale erkenning.

Die eerste atlete spring weg om 07:00, met die laaste wedloop om 09:30. Soos vorige jare is daar groot pryse op die spel.

Waterstraat vanaf Loopstraat, en Breëstraat tot by Father Balinkstraat (by dr Van Wyk se spreekkkamer), asook gedeeltes van die systrate, Buiten, Oranje, Venus, Phillip en Middestraat, sal vir die duur van die Straatmyl gesluit wees tussen 05:00 en 11:00. Alternatiewe roetes vir verkeer word aangedui.

Feestelikheid wat gesien is met verlede jaar se Parys Crater Street Mile.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button