Local newsNews

Motorfietsryers bring vreugde en verligting vir talle inwoners

"Die saad wat hier gesaai is, is goeie saad."

Daar was die naweek trane van blydskap toe motorfietsryers van die Harley Davidson Club of South Africa tydens hul Roaring River Rally uitgereik het na inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys, en Vrystaat Versorging in Aksie (VVA).

Groente, blikkies kos, nie-bederfbare voedsel, vleis, en bederfpakkies met onder meer toiletware is uitgedeel vir die sentrum se inwoners en mense in nood na wie die VVA omsien.

Van die sentrum se inwoners by die motorfietse.

By VVA is ook baba forumule melk oorhandig Die skenkings is gedoen met die bemiddeling van Parys Info & Tourism. Dit is vanjaar die tweede jaar dat daar uitgereik is na die Epilepsie-sentrum se inwoners.

Die Harleys in Parys se strate het behoorlik die koppe laat draai. Nadat hulle die Vrydagaand met ope arms by Stonehenge verwelkom is, is die oorhandigings gedoen en het die motorfietsryers vertrek vir ‘n Poker Run waartydens Vaalplasie en Rollers on R59 besoek is.

Angelique Kleynhans, voorsitter van die raad van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum het in haar bedanking gesê dat die skenking en besoek aan die sentrum die wêreld vir die inwoners beteken. Hulle onthou julle. Julle het ‘n geweldige groot indruk op hierdie inwoners gemaak, het sy gesê.

 

“Die saad wat hier gesaai is, is goeie saad.”

Motorfietsryers het gekom van sover as Kaapstad, Kimberley, Port Elizabeth, Bloemfontein en Oos Londen.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button