Local newsNews

Parys tel die ure voor wegspring van dorp se gewilde straatmyl

Die roete is gesertifiseer volgens Wêreld Atletiek, Atletiek SA en Atletiek Vrystaat regulasies, wat beteken dat deelnemende atlete met die straatmyl kan kwalifiseer vir provinsiale, nasionale en internasionale erkenning.

Parys se hoofstraat gaan Saterdagoggend wemel van die voete en tekkies wanneer talle bekende atlete, maar ook oud en jonk sal aantree vir Parys Crater Street Mile. Die uiters gewilde straatmyl laat jaarliks bekendes na die dorp stroom.

Deelnemers volg ‘n roete van 1 609,4m – die presiese afstand van ‘n myl wat aangebied word deur die Parys Rotaryklub in samewerking met Parys Info & Tourism.

Atlete spring weg en eindig in Waterstraat by die Spur-ingang van die PnP-sentrum. Die draaipunt van die roete is by Plum Tree Restaurant in Breëstraat. Die halfmyl deelnemers (sewe tot nege jaar) spring ook weg in Waterstraat by die Spur-ingang van die PnP-sentrum, maar draai dan by die 400m merk.

Die roete is gesertifiseer volgens Wêreld Atletiek, Atletiek SA en Atletiek Vrystaat regulasies, wat beteken dat deelnemende atlete met die straatmyl kan kwalifiseer vir provinsiale, nasionale en internasionale erkenning.

Die eerste atlete spring weg om 07:00, met die laaste wedloop om 09:30. Soos vorige jare is daar groot pryse op die spel. ‘n Gedeelte van die dorp se hoofstraat sal vir die duur van die Straatmyl gesluit wees tussen 05:00 en 11:00.

Feestelikheid wat gesien is met verlede jaar se Parys Crater Street Mile.

Die Parys Info & Tourism kantoor in Waterstraat is Vrydag oop van 10:00 tot 18:00 vir inskrywings asook vir diegene wat hul wedloopnommers wil gaan afhaal. Navrae oor die straatmyl kan gerig word aan info@paryscraterstreetmile.co.za of besoek die webtuiste www.paryscraterstreetmile.co.za. Jy kan ook die Info-kantoor skakel by (056) 811 4000.

Rugbylegende Frik du Preez (inlasfoto) en vriende kuier Vrydag, op die vooraand van die straatmyl, in Parys wanneer hulle op die Parys Golf & Country Estate-setperk sal afslaan vir die Stella Artois IPS. Die shotgun word aangebied deur Rotary Parys.

Rugbylegende Frik du Preez sal Vrydag op die vooraand van die straatmyl op die Parys Golf & Country Estate-baan afslaan vir die Stella Artois IPS.

Saterdagaand is Dewald Dippenaar hier wanneer hy om 18:00 by Parys Golf & Country Estate optree. Die geleentheid word aangebied deur Rotary Parys en Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum. Vir navrae skakel 079 096 5667 of 076 430 1138.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button