Local newsNews

Ou glorie dalk weer vir Mimosa Tuine

Behalwe die vliegveld perseel buite Parys is die vervalle Eeufeesdam fasiliteite by Heilbron ook op die agenda.

Parys se eens gewilde munisipale vakansie-oord, die Mimosa Tuine, mag dalk net herleef as die Nasionale Tesourie se inisiatief vir ‘n sogenaamde Public Private Partnership Unit kan slaag.

DA-raadslede vra sedert 2020 dat die oord herontwikkel word, en het dit verlede maand opnuut versoek in ‘n dringende e-pos
aan die burgemeester en die nuwe munisipale bestuurder, Dr Futhile Mothamaha.

Ngwathe se Uitvoerende Burgemeester, Victoria de Beer-Mthombeni, het verlede Woensdag bevestig dat die Nasionale Tesourie ingestem het om die munisipaliteit hiermee by te staan.

Twee senior amptenare van die Nasionale Tesourie het raadslede reeds met ‘n voorlegging ingelig oor hoe die Tesourie se sogenaamde Public Private Partnership Unit Ngwathe kan bystaan om die Mimosa-oord, en Parys se uitgestrekte vliegveld-gebied te laat herontwikkel. Die plan is vir vennootskappe met private inisiatief, gefinansier en bestuur deur vennote uit die private
sektor.

Behalwe die vliegveld perseel buite Parys is die vervalle Eeufeesdam fasiliteite by Heilbron ook op die agenda. Ngwathe sal nou, onder toesig van die Nasionale Tesourie, ‘n projekbestuurder asook ‘n adviseur mag aanstel vir alle nodige professionele finansiële, tegniese, en regsadvies. Daarna volg ‘n studie oor vergelykbare opsies, lewensvatbaarheid, en vergelykings van kostevoordeelprofiele. Die Raad moet dan finaal besluit wat om te doen.

Die Mimosa Tuine was vroeër winsgewend en ‘n groot trekpleister vir die dorp.

Die oord was jare lank onder privaatbestuur, maar die kontrak daarvoor is, ten spyte van sterk opposisieprotes, ‘n dekade
gelede nie hernu nie. Gazette het daarna herhaaldelik berig oor die toenemende verval van die oord.

Die olimpiese swembad is reeds twintig jaar in onbruik, en staan leeg en gebars, en die geboue vervalle.

DA-raadslid Arnold Schoonwinkel het by die voorlegging die vraag gevra wat die Tesourie se advies en oorsig gaan kos, en wat die
tydsraamwerk daarvoor is. Hy is verseker die Tesourie-advies kos Ngwathe nie ‘n sent nie, en dat die projekte “baie vinnig” kan
vorder.

Die vervalle fasiliteite by die Eeufeesdam in Heilbron

Raadslid Phillip van der Merwe (VF+) van Heilbron, is ingelig dat die beoogde vennootskappe, wanneer goedgekeur, die maklikste
ontwikkelingsroete met die grootste koste-voordeel vir Ngwathe sou wees. Hy is veral bly dat Heilbron se Eeufeesdam, eens ‘n
gewilde ontspannings- en piekniekterrein, weer so moontlik tot sy reg kan kom.

Raadslede is verder ingelig dat ‘n sogenaamde Toolkit for Tourism aan Ngwathe voorsien sal word.

Opposisie-raadslede sê dit lyk asof Ngwathe se munisipale bestuurder die sinvolle redding met sy reeds bekende energie en
entoesiasme gaan aanpak

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button