Local newsNews

Ses van Parys dié naweek in World Monologue streekfinaal

Kykerstemme tel vir die beoordeling van die deelnemers en is daar 48 uur na die uitsending van die uitdunrondtes tyd om te stem.

Ses talentvolle dramastudente van Parys, Carli de Jager, Reuben de Jager, Liam Steynberg, Vivienne van der Schyff, Isabella Steynberg en Nicola Kotze neem die naweek deel aan die World Monologue Games Tigers en Youth streekfinale uitdunrondtes vir deelnemers van Australië en Suid-Afrika. Kykerstemme tel vir deelnemers as deel van die finale beoordeling.

Die ”Tigers’-kategorie is vir deelnemers tot en met 12 jaar ouderdom en word vanoggend (Vrydag 4 Oktober) om 11:30 Suid-Afrikaanse tyd gehou.

Reuben de Jager
Carli de Jager
Liam Steynberg.

Die publiek het 48 uur na hul deelname tyd om te kan stem. Jy kan na die digitale stroming van hul deelname op YouTube kyk by https://youtu.be/gBEWwKfM0r8?si=P_6Fi__Spp-a0Kwm Aan die einde van die uitsending is daar ‘n skakel waar lesers kan stem. Carli en Reuben doen elk twee monoloë, en Liam een monoloog.

Vivienne van der Schyff (drie monoloë), Isabella Steynberg (twee monoloë) en Nicola Kotze (een monoloog) sal aan die Youth kategorie se streekfinaal deelneem. Die skakel om na hul deelname te kyk is https://youtu.be/pKlp82GnnZ8?si=NuhIzC1jl2HnVcOi.

Vivienne van der Schyff.
Nicola Kotze
Isabella Steynberg

Die Youth uitdun vind Saterdag om 12:30 Suid-Afrikaanse tyd plaas. Aan die einde van dié uitsending sal daar ook ‘n skakel wees waar kykers vir die volgende 48 uur na die uitsending sal kan stem.

Die World Monologue Games is die grootste dramakompetisie ter wêreld met deelnemers uit 100 lande. Van die voorste akteurs en filmregiseurs tree op as beoordelaars van die kompetisie wat vir die eerste keer in 2020 aangebied is tydens Covid-19 inperking.

Die wêreldfinaal van die Tigers is op 1 November, en die Youth-kategorie finaal op 9 November.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button