Local newsNews

Matriekrok-kompetisie: Ongelooflike pryse om te wen

Onthou die sluitingsdatum is 20 Oktober - gou spring

‘n Prys ter waarde van nagenoeg R14 000 geborg deur Emerald Resort & Casino, ‘n photoshoot, bootrit by Stonehaven, en ‘n maandlange borgskap by ‘n modelskool is net enkele van die fantastiese pryse wat wag op die wenner van vanjaar se matriekrok-kompetisie wat deur MooiVaal Media, eienaar van Parys Gazette, aangebied word.

Inskrywings is reeds oop en sluit 20 Oktober waarna lesers aanlyn sal stem vir hul gunsteling matriekrok. Moenie wag nie – skryf sommer vandag nog in en staan ‘n kans om te wen.

Matriekmeisies van Parys,Vredefort en Viljoenskroon kan inskryf.

Inskrywings is gratis.

Al wat jy moet doen is om die digitale inskrywingsvorm te voltooi waar jy jou naam en van, telefoonnommer, e-pos adres en skool se naam invul, en heg dan jou matriekrokfoto aan.

Skryf in by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/matric-dress-competition/

of skandeer die QR-kode hieronder wat jou direk na die inskrywingsvorm sal neem.

Jy kan nie dié kans deur jou vingers laat glip nie want elkeen van ons matrikulante het vanjaar besonder mooi gelyk op hul groot aand, en wie weet – dalk is jy die wenner.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button