Local newsNews

Stof gaan trek vir Weiveld Rally pret

Langs die roete word daar gestop by verskeie stalletjies met pretspeletjies waaraan deelgeneem kan word. Dit beloof pret vir die hele familie te wees - of jy saamry of kyk - jy's aksie gewaarborg.

Die naweek gaan die modder behoorlik spat en die stof deur die mielielande trek wanneer die jaarlikse Weiveld Rally pret-uitdaging Saterdag oor sowat 30km se plaaspaaie gery word met die lekker van plaasdamme en moddergate waarin baljaar kan word.

As jy hou van ‘n uitdaging en uitsien na ‘n dag se pret saam met jou gesin en vriende, is die Weiveld Boerevereniging-saal die plek waar jy Saterdag 07:00 moet wees as die hekke oopmaak.

Vanjaar word die lekker familiedag weer ten bate van Parys se rugbyklub gehou, en is dit reeds die 12de jaar wat Jan en San Alleman self hul vernuf agter die stuur kan wys.

Langs die roete word daar gestop by verskeie stalletjies met pretspeletjies waaraan deelgeneem kan word.
Dit beloof pret vir die hele familie te wees – of jy saamry of kyk – jy’s aksie gewaarborg.


Die motorfietse sal om 07:30 by die Weiveld Boerevereniging-saal begin dreun vir die wegspring.
Die motors wat deelneem spring weg tussen 08:00 en 10:30.

Sodra al die deelnemers by die eindpunt (die AB’s stalletjie) is, is dit tyd vir die spoedvrate se Quarter Mile uitdaging wat tussen 15:00 en 17:00 gehou word.

Hier word gekyk wie die vinnigste die kwartmyl tussen die mielielande kan ry. ‘n Uitdaging vir die waaghalsiges en adrenalien-verslaafdes.

Om 17:00 begin die veiling gevolg deur die prysuitdeling en lekker kuier.

Aan lekkernye om aan te smul deur die dag sal daar geen tekort wees nie met verskeie kosstalletjies. Bring jou koelhouer en jou gesin en kom kuier saam.

Om by die Weiveld Boerevereniging-saal te kom, ry verby Hinterland op die Weiveld/Dover-pad tot by die Weiveld-kruising. Draai links en dan sal jy die saal 5km verder op regterkant sien.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button