Local newsNews

‘Hy’t mense bymekaar gekry en bymekaar gehou’

Piet sal met net die mooiste herinneringe onthou word as iemand wat 'n vriend was vir almal, ''n diep goeie mens'

“Cut the commercials”. Dit hoe kliënte, vriende en familie Piet Pienaar geken het – eerlik en op die man af. Iemand met ‘n vrygewige hart wat altyd tyd gehad het vir pret. Die beste baas ooit vir wie jy kon werk vertel Corien Pretorius wat vir meer as 16 jaar vir hom gewerk het.

Piet het die afgelope jaar ‘n stryd teen kanker gestry, en is Donderdag 26 September in die ouderdom van 73 jaar oorlede.

Hy het in 1980 die ouditeurspraktyk, PJ Pienaar & Kie in Vanderbijlpark (vandag bekend as Pro Audit Services), begin waarna hy ook die praktyk, Finrek Finansiële Dienste in Parys oorgeneem het. Piet was tot sy dood aktief by beide praktyke betrokke.

Piet het in Jacobsdal grootgeword, en studeer na matriek aan die Universiteit van die Vrystaat waar hy hom as ouditeur kwalifiseer.

Die gedenkdiens is Vrydag om 10:00 vanuit die NG Kerk Vaalrivier in Vanderbijlpark.

Piet Pienaar

Piet sal met net die mooiste herinneringe onthou word as iemand wat ‘n vriend was vir almal, ”n diep goeie mens’ wat mense nie net bymekaar gebring het nie, maar bymekaar gehou het. ‘n Merkwaardige man, altyd vriendelik en baie sosiaal, onthou Lou van Wyk hom.

Iemand wat ‘n groot liefde vir jag, visvang, kamp en die natuur gehad het, maar wat ook ‘n waardevolle bydrae in sy gemeenskap gelewer het onder meer met sy betrokkenheid by die Vanderbijlparkse Sakekamer.

Hy word oorleef deur sy vrou, Tessa, kinders Pierre en Annelize, en sy kleinkinders.

Die familie sê dankie aan elkeen wat hulle in hierdie moeilike tyd ondersteun het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button