Local newsNews

Reisende uitstalling met meester kunswerke deur die kamerlens

Die uistalling spog met 70 afdrukke van 70 fotograwe wat met sorg gekies is uit 850 inskrywings wat PSSA lede van oor die land ingeskryf het.

‘n Unieke uitstalling van foto’s deur van die beste fotograwe in die land kan nog tot 4 Oktober by Woodlands Country Lodge net buite Parys op die Kopjeskraalpad gesien word. Die uistalling vorm deel van ‘n uitstalling wat tot 2026 deur die land sal reis ter herdenking van die 70ste bestaansjaar van die Photographic Society of South Africa (PSSA).

Die uistalling spog met 70 afdrukke van 70 fotograwe wat met sorg gekies is uit 850 inskrywings wat PSSA lede van oor die land ingeskryf het. Die doel van die uitstalling is om die uiteenlopende vaardighede van lede in ‘n verskeidenheid van genres te vertoon. Toegang by die uitstalling is gratis en besoekers is welkom.

Catch me if you can deur Gonnie Myburgh, die wenner van die 2024 Impala trofee vir afdrukke.

Afdrukke deur van die beste Suid-Afrikaanse fotograwe, tot uitstaande werk deur minder ervare lede (selfs ‘n skolier), is gekies vir die uitstalling. ‘n Kwart van die lede wie se foto’s gekies is vir die uitstalling kom van klubs in Vanderbijlpark, Klerksdorp, Sasolburg, die Vrystaat en Suidelike Johannesburg.

Wave backflip deur Danie Smit van die Sasol Highveld Photography Club.

Touching Butterflies deur Martin Barber van Suidelike Gauteng, die 2024 digitale Impala trofee wenner. 

Die inkomste van foto’s wat verkoop word, sal aan die SanParks Honorary Rangers geskenk word.

Van Parys gaan die uitstalling na Potchefstroom waar dit in die Snowflake Gallery gesien kan word van 9 tot 18 Oktober.

Die uitstalling in Parys val saam met die PSSA Kongres wat terselfdertyd ook by dieselfde lokaal gehou word. Almal met ‘n belangstelling in fotografie is welkom om ook die kongres by te woon – selfs diegene wat nie PSSA lede is nie.

Sub way deur Haig Fourie van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging.

Spiral trappe deur Martin Walters, ‘n skolier van Centurion.

Offshore deur Kim Stevens, die naaswenner van die 2024 Impala trofee kompetisie vir afdrukke.

Meer oor PSSA:

PSSA is in 1954 gestig omdat die stigterslede geglo het ‘n oorkoepelende verteenwoordigende organisasie is die ideale manier om hoë fotografiese standaarde in die land te bevorder wat met die uitstalling gesien kan word. PSSA het tans 116 senior en skoolklubs in 11 streke wat by die vereniging geaffilieer is, asook meer as 1 100 individuele lede.

Magical morning at Etive Mor deur Alta Oosthuizen, die naaswenner van die 2024 digitale Impala trofee.

Navrae:
Vir navrae oor die Parys uitstalling en PSSA kongres stuur ‘n e-pos na Chris Nel by chrisnel37@gmail.com of skakel 082 891 9944.

Gaan na https://pssa.co.za/pssa-nationalcongress-2024/ om die daaglikse program van lesings en werkswinkels deur kenners op hul gebied te sien, en om te registreer vir die werkswinkels.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button