Local newsNews

Parysenaars spel hul pad oop tot by landwye finaal

'n WOW-prestasie vir die vier Parysenaars

Parys Primêr het die naweek gespog met vier van sy leerders wat hul spelvernuf by die nasionale uitdunrondte van vanjaar se WOW Spelfees gewys het. Die uitdunrondte is in Stellenbosch gehou.

Marli Fourie, Anakin Powell, Layla van Riet (almal graad 5 leerders) en Reuben de Jager (graad 3) het vroeër na afloop van die distrikskompetisie deurgedring na die provinsiale kompetisie waar Reuben ‘n vierde plek, Layla ‘n eerste plek, Marli ‘n derde plek en Anakin ‘n vierde plek verower het, en sodoende gekwalifiseer het vir die nasionale uitdun.

By die nasionale uitdun eindig Anakin met ‘n skitterende sewende plek, Marli met ‘n 19de plek, Layla met ‘n 13de plek en Reuben met ‘n 14de plek.

Sanlam se WOW Spelfees is die grootste spelkompetisie in die land en word in al nege provinsies aangebied.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button