Local newsNews

Broers vir moord gearresteer

Die verdagtes sal op 2 Oktober voor die Heilbronse landdroshof verskyn op klagte van moord. 

Twee broers is vanoggend deur die polisie in Heilbron gearresteer vir die moord van die 29-jarige Ashley van Wyk.

Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê Ashley het verskeie steekwonde gehad.

Sy sê verder die voorlopige ondersoek dui daarop die 26-jarige en 29-jarige broers vir Ashley en van sy vriende in Willemse straat in die Sandersville-area gekry het waar hul na bewering by ‘n huis sit en drink het. Een van die verdagtes wou toe glo sigarette by hulle hê, en toe hy dit nie kon kry nie, het hy na bewering agressief geraak.

Sers. Rani sê dit word verder beweer dat die  broers na ‘n tyd glo buitentoe beweeg het saam met Ashley waarop hy aangerand en met ‘n mes gesteek is.

Die twee verdagtes is later in Sandersville by Heilbron gearresteer en sal op 2 Oktober voor die Heilbronse landdroshof verskyn op klagte van moord.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button