Local newsNews

Water…en weg is die pad

Die munisipaliteit het intussen gesê dat die skade aan die padoppervlak herstel sal word.

Kort nadat ‘n pypbars op die hoof watertoevoerlyn die afgelope naweek by die kruisingvan Philip- en Presidentstraat gerapporteer is, het ‘n Ford Figo se voorwiele in die gat beland waar die teer weggesak het as gevolg van die water.

Ockert Kleyn vertel hy was die oggend net voor 09:00 op pad om sy vrou by die werk te gaan aflaai. Hulle het van die Just in Time woonstelle in die hoofstraat gery, en toe in Philipstraat gedraai. Ockert vertel hy het die water oor die pad sien loop, maar dat dit niks ongewoon was nie aangesien water gereeld oor strate stroom waar daar pyplekke is. Die volgende oomblik het die motor egter vasgeval waar die teer meegegee het.

“Gelukkig het ek stadig gery,” vertel Ockert, en sê hy was stomgeslaan. Rdl. Marinda Matthyssen-Engelbrecht wat vroeër die oggend die lek gerapporteer het en op die toneel was, vertel Security Master en Johnny’s Insleepdienste was vinnig daar en het gehelp om die straat af te sper en die motor uit die gat te trek.

Ngwathe se tegniese span kon daarna die herstelwerk aan die ondergrondse waterpyp doen, en daar is teen 18:00 die aand begin om water vanaf die dorp se watersuiweringswerke te pomp.

Die munisipaliteit het intussen gesê dat die skade aan die padoppervlak herstel sal word.

Ockert was teen Gazette se druktyd nog nie seker wat die omvang van die skade aan die motor is nie

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button