Local newsNews

Besemstokke hou die spiere geoefen

"Daar is soveel voordele van oefening vir bejaardes," vertel Marietjie

Twee keer ‘n week swaai besemstokke, houtlepels, hoepels en selfs swembad noedels fluks in een van die sitkamers by AMOT, wanneer bejaardes van dié tehuis saam met Marietjie Oehley oefen om die spiere aan die gang te hou.

“Daar is soveel voordele van oefening vir bejaardes,” vertel Marietjie. “Nie net hou dit jou jonk van gees nie, maar help bejaardes om langer selfstandig en onafhanklik oor die weg te kom.” Dit is ook ‘n goeie teenvoeter vir die verouderingsproses vertel sy verder en verduidelik dat oefening die brein stimuleer en die geheue versterk.Daarbenewens verbeter dit bloedsirkulasie, help om balans en koördinasie te verbeter, spiere te versterk, en sit oefening jou in ‘n beter bui met endorfiene – die sogenaamde goedvoelhormone – wat tydens oefening vrygestel word.

Bejaardes van Amot wat elke week saam met Marietjie Oehley oefen om die siere soepel te hou

“Met net 15 minute se oefening per dag kan dit jou kans om depressie te ontwikkel met tot 26% verminder,” meen kundiges
Oefening verbeter ook bloedvloei na die brein en gee bejaardes inspirasie wanneer hulle sien hulle is nog instaat om te kan oefen, sê Marietjie. Die oefensessies is 45 minute lank. Marietjie bied tans ook oefening vir bejaardes aan by die Sonskyn Tehuis vir Bejaardes.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button