Local newsNews

Nog werk aan R59 se gate gedoen

Civil Lab in samewerking met die Central University of Technology (CUT), is tans besig met ‘n projek op die R59 tussen Parys en Sasolburg vir die herstel van slaggate, en herseel van die teervlak waar nodig. Die span sal werk vanaf Welkom-kafee in Parys tot by Sasolburg. Die span was Maandag steeds in die omgewing …

Civil Lab in samewerking met die Central University of Technology (CUT), is tans besig met ‘n projek op die R59 tussen Parys en Sasolburg vir die herstel van slaggate, en herseel van die teervlak waar nodig. Die span sal werk vanaf Welkom-kafee in Parys tot by Sasolburg.

Die span was Maandag steeds in die omgewing van die vliegveld besig, het Armand Louw, toesighouer van een van die navorsingsvennote van CUT, bevestig.

 

Gazette het vroeër ook berig dat die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer in die Fezile Dabi streek twee weke gelede begin het met die herstel van slaggate op dié gedeelte van die R59, en befonds ook die projek van Civil Lab en CUT.

Die projek dien onder meer as indiensopleiding van studente van die universiteit. Louw het gesê dat verskeie spanne as deel van die projek tans op paaie in die Vrystaat werk by onder meer Welkom, Kroonstad, Riebeeckstad en Bothaville.
Motoriste is gevra om bedag te wees op die padwerke, te hou by spoedgrense, en verkeerstekens te gehoorsaam.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button