Local newsNews

Jerky kom huis toe

Na maande se toegewyde sorg was Jerky uiteindelik gereed om weer in die natuur vrygelaat te word

Vier maande nadat personeel van die Parys Dierebeskermingsvereniging (DBV) tot die redding gekom het van ‘n erg beseerde likkewaan, is Jerky (soos hy intussen gedoop is) na behandeling by die Johannesburg Wildlife Vet, Dinsdag deur die DBV vrygelaat by ‘n privaat wildreservaat net buite Parys.

Jerky waar hy behandel is by die Johannesburg Wildlife Vet.

Jerky se pad saam met die DBV het op 13 Mei vanjaar begin toe hy swak en gedehidreer gekry is nadat ‘n hond hom gebyt het. Hy is oornag by Parys Dierehospitaal gestabiliseer en toe na Johannesburg Wildlife Vet geneem. Tot personeel se verbasing het X-strale gewys dat hy drie keer geskiet is met ‘n .22 en ‘n windbuks – wat verduidelik het waarom hy so swak was.

Na maande se toegewyde sorg was Jerky uiteindelik gereed om weer in die natuur vrygelaat te word, en het Parys DBV hom Dinsdag gaan haal en vrygelaat by sy nuwe tuiste.

Douw Swanepoel, veldoffisier van Parys DBV met Jerky gereed om in die natuur vrygelaat te word.
Madelyn Venter, inspekteur by Pary DBV, by Jerky waar hy vrygelaat is in ‘n private wildreservaat.
Gesond en vry in die natuur by sy nuwe tuiste

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button