Local newsNews

Dit waarvoor jy gewerk het in ‘n halfuur vernietig

Die brand het Saterdagoggend rondom 11:00 ontstaan en vandaar vinnig gesprei tot by die Schoemansdrift-brug.

Van die Kriek-egpaar se eens prag hout-dubbelverdieping naweekhuis met sy grasdak in die hart van die Vredefort Koepel, is niks oor nie na ‘n verwoestende brand wat Saterdag vermoedelik in die huis ontstaan het. Die egpaar se voertuig, en die voertuie van vriende wat by hulle by Fish Eagle Log Cabin gekuier het, is in die brand vernietig.

Die brand het Saterdagoggend rondom 11:00 ontstaan en vandaar vinnig gesprei tot by die Schoemansdrift-brug. Daar is vir ure teen die vlamme baklei wat regdeur die nag tot die Sondagmiddag 16:00 te midde van sterk wind gewoed het. Later die aand het dit weer plek-plek opgevlam.

Hul belegging van die afgelope twintig jaar is binne ‘n halfuur in die vuur-verskrikking vernietig, maar daar is groot dankbaarheid, vertel Ina Kriek, te midde van hul skade. Hulle is dankbaar vir mense soos GP Schoeman en sy seuns, grondeienaars in die omgewing, die Working on Fire span en die brandweer wat so gou kom help het.

Die puin van die eens pragtige dubbelverdieping houthuis in die Vredefort Koepel met die drie uitgebrande voertuie in die agtergrond.

 

Sy vertel hulle het buite gesit en kuier toe sy skielik iets gehoor het. Dit is toe dat sy sien die kombuis brand.

Binne ‘n oogwink was die hele huis en die twee bakkies en hul Jimny-voertuig aan die brand. Al het hulle alles in die huis verloor, is hul versorg en niemand is ernstig beseer nie.

Dit alleen is genade.

Die Noordwes Sambreel Brandvereniging het oor die naweek ‘n brandwaarskuwing uitgereik en gevra dat mense bedag sal wees op brandgevaar te midde van hoë temperature, droë toestande, sterk wind en lae humiditeit.
Dit het Maandag ook gebrand tussen Potchefstroom en Parys.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button