Local newsNews

Nuwe planne vir ekonomiese groei in Ngwathe

Beter benutting van munisipale bates gevra

Ngwathe soek nou ‘n Direkteur van plaaslike ekonomiese ontwikkeling (local economic development, oftewel LED). Die munisipaliteit was sedert 2017 sonder iemand in hierdie pos. Die stadsraad het besluit om so gou doenlik iemand aan te stel.
Dit volg op kritiek deur opposisieraadslede dat Ngwathe nie genoeg doen om welvaart te skep deur sy bates beter te benut nie.

Die nuwe direkteur sal hom daarop toespits om toerisme, vervaardiging en belegging na Ngwathe se vyf dorpe te lok. Veral DA-raadslede het die eenparige besluit verwelkom.

“Dis nou ons kans om ook in Ngwathe te groei en werk te skep,” sê DA-koukusvoorsitter Carina Serfontein.

Gazette verneem dat sakelui ook entoesiasties was toe DA-raadslede Saal de Jager en Arnold Schoonwinkel hulle onlangs tydens ‘n funksie van die Parys Sakenetwerk op die Parys Golf & Country Estate daaroor ingelig het. Dit pas in by ‘n plan om die Kamer van Koophandel (Chamber of Commerce) hier te laat herleef.

Mnr Mike Fourie, ‘n plaaslike sakeman, ondersoek tans ‘n nuwe plaaslike tak, en is optimisties oor wat dit vir veral Parys kan beteken. Die DA het ook versoek dat die stadsraad ‘n nuwe staande komitee stig vir plaaslike ekonomiese aktiwiteite. Hulle het gevra dat sakelui saam met raadslede op die nuwe komitee sal dien. “Die burgemeester en senior ANC-raadslede het ons voorstel goed ontvang,” sê die raadslede.

Hulle wys daarop dat Dr FP Mothamaha, Ngwathe se nuwe munisipale bestuurder, ‘n kenner is van ekonomiese ontwikkeling en die skep van welvaart en werksgeleenthede in die platteland. Na verneem word sien hy hier groot potensiaal vir ekonomiese groei, veral in Parys.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button