Local newsNews
Vier loop hul vas oor gesteelde voertuie
‘n Vragmotor en sleepwaens wat in Sinoville, Pretoria gesteel is, is Donderdag deur die polisie naby Parys teruggekry. Dit danksy flink optrede van polisielede van die Sasolburgse Hoofwegpatrollie en ander eenhede wat gereageer het op inligting van ‘n vermoedelik gekaapte vragmotor, en voertuig wat die kapers vergesel het, wat in die rigting van Parys beweeg …
‘n Vragmotor en sleepwaens wat in Sinoville, Pretoria gesteel is, is Donderdag deur die polisie naby Parys teruggekry. Dit danksy flink optrede van polisielede van die Sasolburgse Hoofwegpatrollie en ander eenhede wat gereageer het op inligting van ‘n vermoedelik gekaapte vragmotor, en voertuig wat die kapers vergesel het, wat in die rigting van Parys beweeg het.
Die voertuie is voorgekeer en vier verdagtes tussen die ouderdom van 40 en 50 jaar gearresteer. Die mans sal Maandag 16 September voor die landdroshof in Parys verskyn op klagte van die besit van vermoede gesteelde voertuie, het polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani gesê.
Beslag is op beide voertuie gelê.