Local newsNews

‘n Simfonie van klank

'n Genotvolle musiekaand in die hart van die platteland en 'n voorreg om te kon beleef danksy Erna wat met haar passie vir musiek dié uitstaande musikante na 'n plattelandse gehoor gebring het.

‘n Uitsonderlike musiekbelewenis is verlede week in die NG Kerk Vredefort gehoor met die optrede van die Noordwes-jeugkoor wat vir die eerste keer in 46 jaar weer in die dorp opgetree het.

Die orkes is oorspronklik deur die Departement Onderwys vir laer- en hoërskoolleerders begin, maar het oor jare ‘n gemeenskapsorkes geword wat bestaan uit studente, kinders en musiekliefhebbers. Die jongste lid is die 10-jarige Barend
Wentink jr. wie se oupa, ook Barend, ‘n bekende gesig in Vredefort is. Die oudste orkeslid is 79.

Barend Wentink Jr, die jongste lid van die orkes.

Benewens die uitsonderlike vertolking van klassieke werke van Brahms, Anderson, Beethoven, Rimsky-Korsakov, Mendelsohn,
Bach en Schubert, was dit die passie van dirigente Liesl van der Merwe en André Oosthuizen, wat opgeval het.

‘n Uitstaande uitvoering van Dance the Night uit die bekende Barbie film, asook die strykensemble van studente van Erna Rademan wat saam met die orkes die bekende Volkswysie, My Sarie Marais, en Siyahamba gespeel het, het konsertgangers bekoor.

‘n Genotvolle musiekaand in die hart van die platteland en ‘n voorreg om te kon beleef danksy Erna wat met haar passie vir musiek dié uitstaande musikante na ‘n plattelandse gehoor gebring het.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button