Local newsNews

‘n Hart vir die Bybel

As jy tweedehandse Bybels het wat jy nie meer gebruik nie, kontak Sandro by 066 2383 066, of Dawie by 083 263 3848 sodat gereël kan word dat die Bybel by jou gehaal word.

Volgens navorsing het Suid Afrika ‘n tekort van nagenoeg 23 miljoen Bybels om ten minste net een Bybel in elke huis te hê. ‘n Voorreg wat baie nie het nie.

Die groot behoefte aan Bybels het die hart van ‘n Parysenaar, pastoor Sandro Lucas, geraak. Hy het toe Practical
Faith Ministries se Bible Drive Project sowat drie jaar gelede begin in samewerking met Life FM en ander om waar hulle kan Bybels oral oor Suid-Afrika te versprei.

“Dit is lekker om te sien, en bemoedigend om die liefde te ervaar wat mense vir die Woord het. Mense wat tot die uiterste sal gaan
om te verseker dat almal toegang het tot die evangelie in hul taal,” gesels Dawie Bornman, nog ‘n Parysenaar wat by die projek betrokke is. Met die Bible Drive Project fokus Practical Faith Ministries daarop om mense aan te moedig om bybels te skenk, deel te neem aan die projek en die boodskap te versprei dat elke Bybel ‘n verskil vir iemand kan maak. Of jy ‘n Bybel vir iemand as verjaardaggeskenk gee, ‘n Bybel vir ‘n hawelose persoon koop, of tweedehandse Bybels in jou huis aan Practical Faith
Ministries wil skenk – elke bydrae kan aansienlik help, sê Sandro en Dawie.

As jy tweedehandse Bybels het wat jy nie meer gebruik nie, kontak Sandro by 066 2383 066, of Dawie by 083 263 3848 sodat gereël kan word dat die Bybel by jou gehaal word. Practical Faith Ministries en Live FM is geseënd met ondersteuners en donateurs
wat die organisasie help om hul misie te vervul deur Bybels in verskillende tale en formate aan die mense van Suid-Afrika beskikbaar te stel.

“Dankie vir jou aandeel om ons visie ‘n werklikheid te maak.”

Jy kan ook ‘n geldelike bydrae vir Bybels maak in die volgende rekenening: The Bible Drive Project, Capitec, takkode 470 010,
Spaarrekeningnommer 207 583 2079, Swift kode CABLZAJJ

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button