Local newsNews

Skryf in en stem vir vanjaar se mooiste matriekafskeidrok

Inskrywings open op 20 September, en sluit 20 Oktober.

Parys Gazette gee geleentheid vir ons matriekmeisies in Parys,Vredefort en Viljoenskroon om te spog met hul droomrokke vir vanjaar se matriekafskeid.

Skryf ‘n foto van jou matriekafskeidrok in, en staan die kans om groot pryse te wen.

Inskrywings is gratis.

Al wat jy moet doen is om die digitale inskrywingsvorm te voltooi waar jy jou naam en van, telefoonnommer, e-pos adres en skool se naam invul, en dan jou matriekrokfoto aanheg.

Die inskrywingsvorm is beskikbaar by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/matric-dress-competition/ of skandeer die QR-kode hieronder met jou selfoon wat jou direk na die inskrywingsvorm sal neem.

Inskrywings open op 20 September, en sluit 20 Oktober.

Daarna sal lesers geleentheid kry om te stem vir die matriekrokfoto van hul keuse.

Die drie foto’s met die meeste stemme sal as wenners aangewys word, en ontvang die fantastiese pryse wat met die kompetisie gewen kan word.

Onthou die kompetisie is slegs aanlyn, en moet jy die aanlyn inskrywingsvorm voltooi en jou foto elektronies oplaai om te kan deelneem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button