Local newsNews

Ure se oefen en harde werk beloon vir Vrystaatse ruiterspan

Vir Soreta Steyn was haar lewensuitkyk nog altyd: 'Doen jou bes en God sal die res doen'.

Soreta was deel van die Vrystaat-span wat die afgelope week aan die SA Adult Show Jumping Championship by KPC in Kyalami deelgeneem het. Die kampioenskap is van 28 Augustus tot 1 September gehou met die individuele klasse wat Vrydag en Saterdag beslis is.
Soreta het uigeblink met ‘n negende plek en ‘n 14de plek, onderskeidelik, in twee klasse uit die 75 perde van regoor die land wat in dié twee klasse onderskeidelik meegeding het.
Sy en haar Vrystaat-spanmaats het ook die Sondag aan ‘n span-item deelgeneem en verower die Vrystaat se drie ruiters ‘n derde plek. Limpopo was eerste, Gauteng tweede, en Mpumalanga vierde.
“Dit is ‘n groot voorreg om vir die Vrystaat-span te kon ry,” vertel Soreta, en verduidelik dat ruiters hul aansoek instuur en dan gekies word op grond van die prestasies en punte wat deur die jaar met kwalifiserende uitdunne behaal is.
“Dit is harde werk, soms baie trane en baie oefen, maar met genade van bo het alles uitgewerk soos dit moes”.
“Die Liewe Vader het ons so gedra deur die drie dae,” sê Soreta oor haar en haar perd, Callaho Contraband, se deelname.
Sy sê dankie vir CWS Vervoer wat haar baie ondersteun, en aan Suleen Peens en Stephnie Heathcote wat haar fiks en aan die gang hou.
“Show jumping is ‘n baie fisieke sport en jy kry maar beserings oor die jare. Sonder hulle kon ek nie doen wat ek doen nie,” sê Soreta.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button