Local newsNews

Solidariteit dien en werk in gemeenskappe

Volhoubare oplossings in die plattelandse gemeenskap is een van die onderwerpe waaroor gesels is toe vrywilligers van Solidariteit Helpende Hand in die Vrystaat op 24 Augustus koppe bymekaar gesit het tydens die jaarlikse streekvergadering.

 Vanjaar is die vergadering by die FAK se Udolpho Rivierplaas net buite Parys gehou, en het die Parys-tak vrywilligers voorgevat met die reëlings.
Taklede is by die vergadering bemagtig met kennis en maniere om gemeenskappe waarin hulle woon en werk, te bedien. Vanjaar se tema was gepas, ‘Waardes wat Werk.’
Christel Basson, bemarkingsbestuurder van OVK het oor die Lief Platteland-inisiatief en die potensiaal van plattelandse gemeenskappe gesels.
Pieter van der Walt, Operasionale Bestuurder by Solidariteit Helpende Hand se opleidingsinstituut het op sy beurt takke bemagtig met inligting oor die versorgersopleiding wat aangebied word en hoe hierdie opleiding volhoubare oplossings vir gemeenskappe kan bied. Daar is gesels oor die hulpverleningsproses van Solidariteit Helpende Hand wat daarop gemik is om selfstandigheid en onafhanklikheid te bevorder.
Twee van die organisasie se volhoubare projekte, die Seniors in Aksie-program, en die jaarlikse pampoen-kompetisie is bespreek, en daag die Vrystaat-streek takke uit om ook betrokke te raak by die kompetisie.
Vrywilligers is die hande en voete van Solidariteit Helpende Hand en is by die geleentheid dankie gesê vir hierdie groep vrywilligers met ‘n spesiale balkie oorhandigingseremonie.
Ds. Ian Jonker van die NG Kerk Oos-gemeente in Parys het die vergadering afgesluit met Psalm 123.
Solidariteiit Helpende Hand lede van die Parys-tak
Meer oor Solidariteit Helpende Hand:
Solidariteit Helpende Hand is ‘n selfstandige organisasie met Christelike waardes binne die groter Solidariteit-groep wat daarna streef om sterk, selfstandige gemeenskappe te bou. Hulle bied verskeie nasionale projekte aan wat gemik is op kleuters, skoliere, gesinne, bejaardes en gestremdes. Dit word aangevul met projekte deur vrywilliger-takke.
Taklede dien as Helpende Hand se hande en voete in die gemeenskap. Behoeftes in die gemeenskap word só geïdentifiseer en dan deur die tak aangespreek waar moontlik. Al wat jy hoef te doen om die werk van Solidariteit moontlik te maak om op soveel maniere ‘n verskil in die gemeenskap te maak, is om so min as R50 ‘n maand by te dra vir Solidariteit Helpende Hand.
As jy graag meer wil weet van die organisasie, en hoe jy betrokke kan raak, skakel vir Matty Last by 072 267 9758. Besoek ook
www.vrystaathand.co.za vir meer inligting oor hul werksaamhede in die Vrystaat.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button