Local newsNews

Dié toetse gratis vandag by familie gesondheidsdag

Maak seker jy en jou gesin is vandag by Rotary Parys se familie gesondheidsdag wat in samewerking met verskeie rolspelers by die Hervormde Kerk se Mini-mark aangebied word.

Voorkoming is beter as genesing. Maak seker jy en jou gesin is Saterdag 7 September by Rotary Parys se familie gesondheidsdag wat in samewerking met verskeie rolspelers by die Hervormde Kerk se Mini-mark aangebied word.

Benewens die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se mobiele skenkerskliniek waar mense die dag kan bloed skenk, word basiese oogtoetse deur Specsavers aangebied, en is daar ‘n mobiele tandheelkunde kliniek. Bloeddruk en suikertoetse sal deur The Local Choice Pharmay gedoen word, verteenwoordigers van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum sal fokus op bewusmaking oor epilepsie, en verteenwoordigers van Angels kom gesels beroertes en hul spesiale kinderbewustheidsprogram.

Daar sal meer inligtng wees oor die geestesgesondheids toepassing en die hoof uitvoerende beampte van Parys Distrik-hospitaal en haar senior personeel kom hulself aan die gemeenskap van Parys voorstel om bande met die gemeenskap te versterk.

Hiebenewens sal ‘n span van Kragapie Gimnasium daar wees en daar is BodyLab oefeninge die dag, asook kardiopulmonêre resussitasie demonstrasies.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button