Local newsNews

‘Tree vir tree dra die Here my by Spele’

Viljoenskroon se gemeenskapsdiensapteker Liezel Gouws het span Suid-Afrika vanjaar vir die derde keer by die Paralimpiese Spele verteenwoordig.

“Ek het net vir twee dinge gebid- dat my liggaam die ses spronge sonder pyn sou kon doen, en dat ek die oomblik en voorreg om hier te kan wees, sal geniet en koester. Ek is ongelooflik dankbaar vir die Here se beskerming, en dat Sy planne altyd groter is as myne. Al die eer aan Hom.”

So sê Viljoenskroon se Liezel Gouws wat Dinsdag geskitter het met ‘n vyfde plek in die 400m finaal by die Paralimpiese Spele in Parys, Frankryk. Vir dié 26-jarige gemeenskapdiens apteker van die PAX Gemeenskapgesondheidsentrum was haar deelname ‘n groot mylpaal en oorwinning nadat sy met beserings gesukkel het, en haar pad tot by die Paralimpiese Spele in Parys nie sonder opdraandes was nie.

Liezel het ook Sondag aan die verspring-finaal deelgeneem waar sy ‘n agtste plek behaal het.

Liezel Gouws, oudstudent van die NWU PUk-kampus in MONTPELLIER, FRANCE  (Foto-erkenning: Roger Sedres/TeamSA)

Sy het na Sondag se deelname gesê dat sy vir altyd dankbaar sal wees vir die geleentheid om op die atletiekbaan te kon wees saam met uitstaande atlete in ‘n volgepakte Stade de France met haar familie wat daar was om haar te ondersteun.

Liezel Gouws saam met haar ouers in Stade de France.

Liezel het met die vorige wêreldkamioenskap in Japan haar enkelligamente seergemaak kort voor haar deelname, maar nietemin ‘n bronsmedalje in die 400m gewen. Hoewel die besering haar baie oefentyd gekos het, was sy gereed om haar beste in Parys te gee.
Liezel het as kind ‘n groot beroerte gehad, maar toe reeds besluit dat niks haar sal onderkry nie.

Vanjaar is die derde keer dat sy Suid-Afrika by die Paralimpiese Spele verteenwoordig, en vir hierdie voorreg is sy die Here, haar ouers en haar afrigters innig dankbaar, want dit is hulle wat haar tree vir tree dra, sê sy.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button