Local newsNews

Krisis nog nie verby vir DBV-nood

Dankie aan elkeen wat alreeds hul harte vir die DBV oopgemaak het.

Sedert daar oor die naweek ‘n pleidooi gerig is oor die Parys DBV se nood vir kos vir die diere, het mense uit die gemeenskap hul harte oopgemaak en onmiddellik gehelp.

Altesaam 76kg se hondekos en 10kg se katkos is oor die naweek gekry waarvoor daar groot dankbaarheid is vir die omgee van hierdie gemeenskap.

Die plaaslike DBV het daagliks ongeveer 23kg se kos nodig vir die diere in hul sorg.

Enige hulp sal waardeer word want die DBV kry geen subsidie nie en is suiwer afhanklik van skenkings om die DBV se deure oop te hou.

Skenkings kan by die DBV in Abattoir Straat in Parys se nywerheidsgebied afgegee word, of jy kan ook ‘n geldelike bydrae maak sou jy dit eerder verkies.

Die bankbesonderhede is 

SPCA Parys

Standard Bank

Takkode 051001

Rekeningnommer 040947882

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button