Local newsNews

So lyk misdaadsyfers in die Vrystaat

Moord, poging tot moord en inbrake styg

Op ‘n gemiddeld word vyf mense elke twee dae in die Vrystaat vermoor. Dit is volgens die kwartaallikse misdaadstatistieke wat deur die SAPD vir die kwartaal Januarie tot Maart 2024 vrygestel is. Moorde het in dieselfde kwartaal van 2023 met 4,1% van 218 na 227 toegeneem.

Gevalle van poging tot moord het met 43,3% gestyg van die 343 gevalle wat in 2023 in dié kwartaal gerapporteer is, na 492 gevalle tussen Januarie en Maart vanjaar. Dit gee ‘n gemiddeld van 5,5 gevalle per dag.

Die syfers dui ook aan dat huisbrake by residensiële eiendomme, en nie-residensiële eiendomme met 41,7% en 30,8% onderskeidelik gestyg het.

 

Related Articles

Back to top button