Local newsNews

Gru-ongeluk eis vier lewens

Ons innige medelye met die familie van die oorledenes

Drie mense is op die toneel dood en ‘n vierde het in die hospitaal gesterf nadat ‘n bakkie waarop mense agterop die bakkie vervoer is, vroeër vanmiddag op die R723 Parys/Koppiespad gerol het.

Minstens vyf  persone, onder wie twee kinders, is in ‘n kritieke toestand per ambulans van die toneel vervoer, terwyl nog ‘n pasiënt ernstig, en ‘n ander minder ernstig beseer is.

Geen ander voertuie was in die botsing betrokke nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Na wat verneem is, is die insittendes van Vredefort en Viljoenskroon afkomstig en was onderweg na Koppies.

Die pad was na die ongeluk gesluit vir verkeer, maar is  voor 18:00 weer oopgestel.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button