Local newsNews

Uitslae van Ngwathe wyksverkiesing bekend

 Woensdag se stempersentasie vir wyk 7 was 38,49%.

Tshediso Ramabodu van die ANC is tydens Woendag se munisipale wyksverkiesing verkies tot  wyksraadslid vir wyk 7. Die wykskandidaatpos het vakant geraak na die dood van ANC rdl. Modise Moroenyane wat op 5 Junie in die ouderdom van 47 jaar oorlede is.

Tshediso Ramabodu

Die ander kandidate wat in die tussenverkiesing gestaan het was Thabo Isaac Mpholo  (ACT) en Mpolokeng Jeanett Ramokhoase (EFF).

Die ANC behou dus die wyk wat die party met die 2021 munisipale verkiesing gewen het met 64,46% stemme  teenoor die 55,96%  stemme wat met die 2021-verkiesing gekry is.

Woensdag se stempersentasie vir wyk 7 was 38,49%.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button