Local newsNews

Kultuur: Wat los ons vir ons nageslag

'Ons moet kultuur ook in 'n hedendaagse samelewing bevorder.'

Ons moet iets uit die verlede vir die nageslag los.

Dit was die boodskap van Jan Danie Malan, die FAK Sentraal se kultuurorganiseerder, toe hy op 6 Augustus by die Vroue Landbou Unie (VLU) byeenkoms gesels het oor kultuur. Die FAK is aktief betrokke by die bevordering van kultuur ook in die Parys-gemeenskap.

Jan Danie het die vroue aangemoedig om ‘n voorbeeld te stel vir die jonger geslag om kultuur ook in ‘n hedendaagse samelewing te bevorder.

Die VLU vroue kom weer op 1 Oktober bymekaar.

Jy hoef nie lid te wees van die organisasie om die byeenkomste by te woon waar ‘n verskeidenheid van interessante onderwerpe bespreek word. Kom kuier saam en kry inspirasie by hierdie groep dinamiese vroue wat maandeliks kreatiewe wenke deel. As jy die volgende byeenkoms wil bywoon of vrae het, gesels met Annatjie Dreyer by 082 464 0204 of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button