Local newsNews

Ngwathe se geldnood: Tesourie gee raad

Die program vind plaas onder toesig van eksterne tegniese adviseurs.

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit kry hulp van die Nasionale Tesourie met sy finansiële krisis. Die raad se staande komitee oor finansies is verlede week ingelig dat die hulp kom van private konsultante wat die Tesourie aangestel het vir ‘n nuwe rondte van sy
finansiële bystandsprogram vir munisipaliteite (die Municipal Finance Improvement Programme, oftewel MFIP).

Die oogmerke van die MFIP is om ‘finansiële bestuursvermoë, sterker begrotingsbeheer en finansiële kontrole’ te verseker deur
direkte tegniese steun, is gesê. Die program vind plaas onder toesig van eksterne tegniese adviseurs.

Vir Ngwathe is Maria Tshabangu van Nelspruit as adviseur aangewys. Sy adviseer ook die naburige Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit waarvan Kroonstad deel is. Tshabangu het reeds op 1 Mei haar pligte opgeneem, maar die komitee is nou eers
hiervan verwittig, sê rdl. Arnold Schoonwinkel, DA-segsman oor Ngwathe se munisipale finansies.

Op sy voorstel, gesteun deur rdl. Phillip van der Merwe (VF-Plus), sal vordering van die MFIP nou by
elke raadsvergadering gegee word.

“Dit sal ons help om te verseker hierdie program werp vrugte af, anders as ‘n vorige MFIP-poging enkele jare gelede waarmee niks
bereik is nie, het Schoonwinkel gesê.

Hy sê die munisipaliteit is vasgevang in ‘n enorme finansiële krisis wat dringend getakel moet word. Die Ngwathe Munisipaliteit
skuld Eskom onder meer steeds meer as R2 miljard in agterstallige kragaankope skuld. Hy sê die skuld hoop op omdat Ngwathe sukkel om selfs net die helfte van sy maandelikse diensteheffings vanaf inwoners in te samel.

DA-raadslede, dring steeds aan op vernuwings in, en versnelde toepassing van Ngwathe se Finansiële Herstelplan. Hulle is
daarin gesteun deur die VF-Plus, en die voorstel is toe eenparig aanvaar.

“Dit, tesame met die nuwe steun wat die MFIP-program hopelik sal bring, mag dalk help om Ngwathe se geldkrisis te begin beredder,” is gesê.

Rdl. Philip van der Merwe van die VF Plus sê inkomsteverhalingword wel nou verbeter deur onder meer onwettige elektriese
aansluitings en gebrugde meters op te spoor, en vra hy vir selfs groter erns daarmee. Hy sê verder onnodige uitgawes (soos op
konsultante) moet beperk en kostes besnoei word. Rdl. Van der Merwe glo ook die nuwe munisipale
bestuurder, Dr Mothamaha, beskik oor die wil en die vermoë om  momentum hieraan te gee.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button