Local newsNews

Uitgevang toe hulle padteken wegdra

Daar is tans padwerke op die R57 waar die padteken gesteel is. 

Twee 19-jariges het vandag voor die Sasolburgse landdroshof verskyn vir die besit van gesteelde goedere nadat hulle gevang is met ‘n gesteelde padteken.

Dié twee jongmanne het hul vasgeloop in die lang arm van die gereg toe lede van die Fezile Dabi Distrik hoofwegpatrollie, Saterdag terwyl hul diens gedoen het op die R57 in die rigting van Heilbron. gesien het hoe die mans die padteken op ‘n bakkie laai.

Toe die twee die polisie sien het hulle weggejaag in die rigting van Sasolburg, sê polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani.

Die polisielede het hulle agterna gesit en is die mans gearresteer. Daar is beslag gelê op die padteken sowel as ‘n wit Isuzu bakkie.

Die twee kon nie ‘n verduideliking gee waarom hulle die padteken by hulle het nie. Die waarde van die padteken is R4 500.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button