Local newsNews

Medalje-oes vir gimnaste

Baie geluk aan hierdie gimnaste

Vier en twintig gimnaste van Parys 20 Four 7 Trampolien-klub spog met 45 medaljes wat huis toe gebring is nadat hulle op 3 Augustus in Bloemfontein aan die Vrystaat Provinsiale Trampolien-kampioenskappe deelgeneem het.

Van dié medalje-oes is 27 goud, 16 silwer en twee brons.

Die Parys-gimnaste wat aan die Vrystaat Provinsiale Trampolien-kampioenskappe deelgeneem het is, Eckhardt van Niekerk, Mielandri van Niekerk, Juandré Vosloo, Chené Dames, Zaina Dames, Etheon Bampa, Declan Bampa, Mikhail Bampa, Kara Bampa, Joalize van der Westhuizen, Rumé van der Westhuizen, Denine Koen, Markus van der Westhuizen, Liané Peens, Elisha-Belle Meintjes, Dewald Nell, Rihané Downey, Dewald Venter, Anke Barnard, Denicke Herbst, Benlu Lamont, Caleb Du Preez, Kristian Malan en Luca Ahrens.

Elf van die gimnaste het na afloop van die kampioenskappe hul Vrystaat-kleure in Trampolien-gimnastiek ontvang, en sal gedurende die September-skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Wynberg, Kaapstad, deelneem.

Die ander 13 gimnaste het gekwalifiseer vir die Junior SA Kampioenskappe wat op 19 Oktober in Pretoria gehou word. Die gimnaste word afgerig deur Star Mapeka en Thato Machobane.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button