Local newsNews

Studentetragedie: Ses sterf

Ons innige medelye met die families van die oorledenes van hierdie tragiese ongeluk. 

‘n Gru-ongeluk  Saterdag in Vanderbijlpark regoor Makro op die R42 Barrage-pad, het die lewens van ses eerste en tweedejaar NWU studente van die Vaal-kampus ge-eis. Vier van die studente is op die toneel dood verklaar, en is vanmiddag bevestig dat nog twee studente in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Twee studente is ook steeds in die hospitaal en is ernstig beseer in die ongeluk.

DIe ongeluk het omstreek 01:07 gebeur toe die bestuurder van ‘n wit Hyundai i20 vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het. Naas die motorbestuurder was daar nog sewe passasiers in die voertuig. Die voertuig het ‘n padteken getref en verskeie kere getol. Die insittendes is uit die voertuig geslinger.

Die ongeluk het skaars 9km  vanaf Moahi Village gebeur waar die studente gevestig was.

Die oorledenes was Sinethemba Tshabale, Kananelo Mokhele, Katlego Ramodibe, Olwethu Khojane, Simphiwe Nzimande, en Tshepo Maboea.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button