News

Plaaslike modelle spog by Show Your Talent SA

Baie geluk aan hierdie Parysenaars

Studente van Elite Models Parys het op 9 Augustus aan die Show your Talent SA kompetisie in Vanderbijlpark deelgeneem, en is al vier na afloop van hul deelname ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat in 2025 in New York aan die Talent America/Pageant sal deelneem.

Met die Show Your Talent SA kompetisie het die 11-jarige Miané Bouwer van Parys Christelike Skool gespog met ‘n goue en twee silwermedaljes, terwyl die 10-jarige Hape Hlalele van Primêre Skool Parys weggestap het met ‘n goue medalje.
Leonel Riekert (8), ook van Parys Christelike Skool het twee goue medaljes verower.

Van links is Hape Hlalele, Charlotte Malherbe, Miané Bouwer en Leonel Riekert.

Hul afrigter en eienaar van Elite Models Parys, die 20-jarige Charlotte Malherbe het ook nie op haar laat wag nie en nie minder nie as 8 goue medaljes ingepalm, waarvan een hoë goud was. Daarbenewens ontvang sy ook twee silwermedaljes.

Al vier het reeds hul Noordwes-kleure verdien.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button