Local newsNews

Hulp uit verskeie oorde aangebied na vlammehel

'n Plaasweker is dood en talle beseer in die verwoestende brande te midde van sterk wind wat die vlamme genadeloos aangedryf het.

Met duisende hektaar wat sedert verlede Donderdag tot Sondag in die Fochville en Potchefstroom distrikte langs die R500 en R54 afgebrand het, is hulp met voer  uit verskeie oorde reeds aangebied vir boere wat deur die brand geraak is.

Daar moet nou ‘n behoefte en dringendheidsbepaling vir hulp gedoen word om te bepaal waar die nood  die grootste is in die gebied wat geraak is.  Volgens Sarel van der Wat, insidentbevelvoerder vir die Potchefstroomse en Vaal Eden Brandverenigings se roepgroep 6, is dit noodsaaklik dat hulp wat ontvang word gekoördineer word. Daarom is boere wat weiding- en voerskade as gevolg van die afgelope week se brande gehad het, gevra om dringend die Google vorm te voltooi deur die onderstaande skakel te volg.

https://forms.gle/so9CysPEkfouKGMn8

Mense wat navrae het of hulp wil aanbied kan ook vir Sarel van der Wat by 083 284 6392 of Annika Liebenberg by 082 771 0147 skakel.

Wind dryf vlamme genadeloos 

‘n Plaaswerker is dood, en minstens tien mense, onder wie boere en plaaswerkers, is behandel of met brandwonde gehospitaliseer in hospitale in Potchesfstroom en Carletonville na die afgelope week se verwoestende brande.
Hoewel die presiese omvang van die skade nog nie bereken kon word nie, was dit teen Maandagoggend reeds duidelik dat boere in dié distrik ernstige voertekorte in die gesig staar vir meer as 1 500 beeste en skape.
Skade aan die kragnetwerk is ook deur die brand veroorsaak met kragpale wat gebrand en veroorsaak het dat waterpompe nie kon werk om vuurvegters vol te maak nie.
Boere het naas vee en weiding verliese, en strukturele skade aan geboue en lyndrade, ook voertuigskade.
‘n Bakkie waarin n boer en n plaaswerker was het op die plaas Klokfontein in die Lindequedrift-omgewing aan die brand geraak en die lewe van die plaaswerker ge-eis. Die boer  is met ernstige brandwonde in die spesialis brandeenheid van ‘n Albertonse hospitaal opgeneem. Hy is steeds in die hospitaal en reageer goed op behandeling.
Die bakkie wat Donderdag aan die brand geraak het en die lewe ge-eis het van ‘n plaaswerker. Foto: Verskaf
Van die plaaswerkers is in hul huise deur die vlamme oorval en het brandwonde opgedoen. Meeste van hulle was reeds teen vanoggend ontslaan met die uitsondering van twee werkers van wie een nog in ‘n Potchefstroomse hospitaal, en ‘n ander in ‘n hospitaal in Carletonville behandel word.
‘n Boer se seun wat tydens Sondag se brand die plaaswerkers wat in hul huise oorval is, te hulp gesnel het, het ook brandwonde opgedoen  en sou na verwagting moontlik vandag ontslaan word.
Boere van die Noordwes- en Gauteng provinsies insluitend Roepgroep 6 en die Rooikat-groep, saam met Working on Fire grondspanne van Potchefstroom, het vir ure aaneen teen die vlammehel geveg met sterk winde teen ‘n windspoed van meer as 30km/h wat die vlamme genadeloos aangedryf het.
Lede van Working on Fire-span van Parys het ook met Donderdag se brand gehelp, terwyl die Working on Fire helikopter Sondag binne ‘n halfuur daar was om te help.
Voorbrande wat ten die Enselspruit-grondpad gemaak moes word om die brand te stuit. Op die foto kan een van die kragpale ook gesien word wat brand.
Die eerste brand het Donderdagmiddag rondom 12:00 in die omgewing van die Lindequesdrift-kruising langs die R500 ontstaan. By die 40 bakkies en sowat 100 mense het teen die vlamme baklei wat rondom 19;00 die aand onder beheer gebring is.
Saterdag het ‘n veldbrand tussen Fochville en Potchefstroom ontstaaan nadat Eskom drade weens die sterk wind aanmekaar geraak het, het dr. Kobus Roux, voorsitter van die Potchefstroomse Brandbeskermingsvereniging aan Gazette se susterspublikasie, Potchefstroom Herald, gesê.
Dié brand het egter Sondag weer as gevolg van sterk wind opgevlam en van wes na oos op die R54 en N12 gebrand. Daar kon eers laat die aand onttrek word toe die grootste deel van die brand geblus is, maar het dit plek-plek weer Maandagoggend gebrand, het dr. Roux aan die Herald gesê.
Met Sondag se brand het bykans 300 mense hulp verleen met sowat 150 voertuie.
* Carletonville Herald berig dat meer as R10 miljoen skade Sondag en Maandagoggend gelei is op die Sirkel A Boerdery op die plaas Weltevrede waar die gesin se bakkies, plaasimplemente, store, weiding en 3 000 bale voer onder meer gebrand het. ‘n Klag van brandstigting is by die Fochville-polisiestasie geopen.
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button