Local newsNews

Meer as 78 000 gee reeds hul stem

Onthou stemlyne sluit 23 Augustus

Sedert stemlyne verlede week oopgemaak is vir lesers om te kon stem vir die nagenoeg 300 sakeondernemings in Parys wat vanjaar genomineer is vir MooiVaal Media se eerste Best of Parys-toekennings, is meer as 78 000 stemme reeds teen vanoggend getel. Onthou dat jy daagliks kan stem vir die besighede wat genomineer is in die onderskeie kategorieë, wat na jou mening uitstaan as dit kom by kliëntediens en tevredenheid. Daardie besighede wat raakgesien word omdat hulle die ekstra myl loop.

Stemlyne sluit op 23 Augustus wat beteken daar bly nog 12 dae oor om jou stem te gee.

Onthou dit is ‘n aanlyn kompetisie en jou stem tel slegs as jy die aanlyn stemvorm invul.

  • Jy kan in meer as een kategorie stem vir die besighede van jou keuse.
  • Jy kan egter net vir een onderneming in elke sub-kategorie stem.
  • Al het jy reeds gestem kan jy aanhou om daagliks te stem.

Om te stem is so maklik soos om die aanlyn-skakels vir die onderskeie kategorieë te volg wat jou direk na die stemvorm neem, of deur die QR-kode te skandeer wat hieronder gegee word en jou neem na die onderskeie afdelings waar jy kan gaan stem.

Hier is die onderskeie skakels na die hoofblad en die  kategorieë sou jy verkies om eerder die skakels te volg of dit met kliënte/lesers wil deel:

Hoofblad

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/best-of-parys-voting/

Kategorieë

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/eat-drink/

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/health-beauty/

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/automotive/

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/retail/

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/hospitality/

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/services/

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/home-improvements/

Dankie aan elkeen van ons lesers en adverteerders wat die projek ondersteun om ook so erkenning te gee aan ons plaaslike sakeondernemings wat staatmaak op JOU ondersteuning.

ONS IS TROTS PARYS!!!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button