Local newsNews

Elke vrou verdien om mooi en ‘bold’ te lyk

Om te pak in ‘n piepklein naweektas vir ‘n naweek weg is menige vrou se nagmerrie, maar met ‘n paar vindingryke idees en bykomstighede kan jy met ‘n enkele uitrusting mooi en ‘bold’ lyk vir van ‘n kantoorfunksie tot ‘n lekker dag op die strand.

Erika Haasbroek het onlangs die Evas van Parys bederf met haar kleurvolle aanbieding onder die tema, ‘n ‘Kapsule Naweektas.’
Handige wenke spesiaal vir vroue. Saam met Estelle Rossouw wat model was vir die oggend, is daar gekuier, gelag en
geleer hoe jy ‘n ‘infinity’ rok knoop en vou in vele uitrustings om stylvol en elegant te lyk, met ‘n nuwe ‘look’ vir elke geleentheid.

Erika het aan die hand van Efesiërs 6 ook pitkos uit die Woord gegee. Sy het gewys op die belangrikheid vir vroue om hulself
te versorg. Wanneer jy goed lyk, voel jy goed, want elke vrou is spesiaal, het sy gesê. “Wees lief vir jouself, sodat jy ook vir
ander lief kan wees. Elke vrou is uniek en pragtig op haar eie manier. God maak nie foute nie,” het sy gesê. Daar was selfs ‘n
geskenkpakkie vir elke vrou met lipstiffie en ‘n handspieëltjie, met die boodskap dat elke vrou mooi geskape is, en ‘n gimeer
demonstrasie deur Kayleigh Coetzer wat handige grimeerwenke gedeel het.

Saam met Estelle Rossouw wat model was vir die oggend, is daar gekuier, gelag en geleer hoe jy ‘n ‘infinity’ rok knoop en vou in vele uitrustings om stylvol en elegant te lyk, met ‘n nuwe ‘look’ vir elke geleentheid.

Wie is die Evas?
Wat as `n lighartige gesprek oor `n koppie koffie na kerk begin het, het gelei tot `n gesellige maandelikse samekoms van
kreatiewe vroue in die NG Suid Kerksaal in Delverstraat. Gepas genoem – Die Evas.

Dié breinkind van Susan Brits is `n pogingom vroue van alle ouderdomme bymekaar te kry om vaardighede aan te leer, geïnspireer deur die Bybelse beginsel dat ouer vroue die jongeres moet leer. Tog het dit gou geblyk
dat dit `n oor-en-weer leerdery sou wees.

Om die besige skedules van vroue tegemoet te kom, is die heerlike saamkuier en kreatief wees net van 10:00 -12:00 op `n
Saterdagoggend, eenmaal per maand. Alles gratis en verniet.

As jy nuwe vaardighede wil aanleer, of ander met jou vaardigheid wil bemagtig, skakel Susan by 061 091 4609 om ingesluit
te word op die WhatsApp-groep waar die program en datums deurgegee word. Alle vroue is welkom – oud of jonk, kunstig of
nie – daar is plek vir jou.

* Die Evas kuier weer saam  17 Augustus om 10:00 in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Suid. Die oggend sal die kuns van decoupage geleer word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button