Local newsNews

Kom bewonder die Koepel se sterre

Kom bekyk interessante objekte in die sterrehemel deur die 12” Schmidt-Cassegrain-teleskoop in die sterrewag

Die wintermaande is sterretyd in die Koepel. Een van ons groot trekpleisters is die donker naghemel, wat dit moontlik maak om die Melkweg in volle glorie te sien – iets wat in die stede met die toenemende ligbesoedeling lankal nie meer moontlik is nie.

By die sterrewag by Deelfontein vind elke maand met donkermaan ´n sterrekykuitstappie plaas; so ook komende Saterdagaand om 19:00. Dit word gelei deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika.

´n Inleidende aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag gee algemene agtegrond van die sterre- en planeetbewegings, en daarna word
die interessante objekte in die sterrehemel deur die 12” Schmidt-Cassegrain-teleskoop in die sterrewag bekyk, tot ongeveer 22:00.

Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie.

Deelname kos R100 per persoon, wat in kontant direk aan die aanbieder betaal moet word. Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon. Koffie en tee word voorsien.

Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Bespreek asseblief vooraf per whatsapp by 083 280 9784 of per epos by gerhard@deelfontein.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button