Local newsNews

‘My Yorkie deur blou-ape in ons erf aangeval’

Vir die Pieters-gesin is die trauma wat hulle Vrydag beleef het, iets wat hulle nie sal vergeet nie.

In haar hande hou Patricia Pieters die mooiste twee vyf-weke oue klein Yorkies vas. Sy is ‘n geregistreerde Yorkie teler, vertel sy, maar die hartseer sien jy in haar oë as sy vertel van Kylie, een van die tewe waarmee daar vroeër geteel is, wat Vrydag in Transvaalstraat deur ‘n blou-aap aangeval is.

Sy was nie by die huis nie, vertel Pieters, maar haar man en huishulp Rosie, was daar toe die ape met kleintjies die erf ingekom het. Haar man het voor in die erf probeer keer, en Rosie agter. Wat presies gebeur het is steeds nie seker nie, maar die vermoede is dat Kylie waarskynlik probeer het om die ander honde te beskerm, en toe deur een van die ape aangeval is.

Pieters het met Kylie na die veearts gejaag. Sy het nog geleef, maar haar beserings was so ernstig dat genadedood die enigste opsie was.

Patricia Pieters met twee van haar baba Yorkies, Coal en Andy.
Die 6-jaar oue Kylie wat ernstig beseer is nadat sy deur ‘n blou-aap in die Pieters-gesin se erf in Transvaalstraat aangeval is.

Vir die Pieters-gesin is die trauma wat hulle Vrydag beleef het, iets wat hulle nie sal vergeet nie.
Daar was soveel bloed vertel Patricia, en jy hoor die vrees en kommer as sy vertel dat sy ‘n tweejarige seuntjie het wat graag buite speel.

Met hul woning wat loopafstand van die rivier is, is die ape elke tweede dag in die erf.
Hulle is nie bang vir mense nie, en laat hulle deur niks afskrik nie.

Die Pieterse bly nou amper ‘n jaar in Parys en sê dat die ape ook al van die bure se honde probeer aanval het. “Mense voer die ape en besef nie die gevaar daarvan om ‘n wilde dier te voer, te lok of te probeer mak maak nie. Hulle dra peste en rig groot skade aan,” sê sy.

“Die lyding en pyn wat Kylie moes deurgaan, en ons moes aanskou, is ondraaglik.”

Kylie het ‘n spesiale plek in haar hart gehad omdat sy haar by ‘n vriendin gekry het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button