Local newsNews

Mollie & Wors se Mollie kom kuier in Parys

Lizz gaan self in September uitstal by Parys se alom gewilde Hartelusmark. Maak gerus ook hierdie Saterdag 'n draai by die mark wat elke eerste Saterdag van die maand langs die oewer van die Vaalrivier by Egweni gehou word.

“Humor was nog altyd deel van Suid-Afrikaners. Ek noem dit die humor van oorlewing. Maar die interessante ding van humor is nie almal lag oor dieselfde goed nie Wat vir die een snaaks is, is vir die ander een verbode. In ons bedryf sê ons as jy kan humor doen, kan jy hulle laat huil ook. Interessant genoeg het ek eintlik al baie meer ernstige as humoristiese goed gedoen – op film, TV, en teater, maar mense onthou die nie-ernstige goed soos Mollie & Wors.”

So gesels die befaamde en veelsydige Lizz Meiring wat die naweek van 7 September kuier by Parys se alombekende Hartelusmark. Die mark word elke eerste Saterdag van die maand van 09:00 tot 15:00 op die oewer van die Vaalrivier by  Egweni River Lodge in Van Collerstraat gehou.

Lizz gaan self by die September-mark ‘n stalletjie hê  en kan jy by dié gewilde kunsmark  jou piekniekkombers kom oopgooi, en jou sit kry vir ‘n dag se lekker kuier met hartsmense, lekker eetgoed en ‘n verskeidenheid van mooi goed om te koop.

Haar stalletjie is ten bate van die Teaterbystandfonds. Liz is sedert 2015 betrokke by die Teaterbystandfonds – die enigste hulpfonds vir die uitvoerende kunste en vermaaklikheidsbedryf in Suid-Afrika.

Kom maak kennis met die formidabele aktrise, teater regisseur, vervaardiger, dramaturg, stemkunstenaar, verhoog- en TV-aanbieder, film- en TV teksskrywer, kopieskrywer, vertaler, fiksie en jeugromanskrywer, rubriekskrywer, geleentheid-kunste-joernalis, teaterkundige, kreatiewe konsultant, spreker en seremoniemeester, gaslektor, kunste raadgewer en kreatiwiteitsjunkie wat terloops ook ‘n gekwalifiseerde afslaer is.

Saterdagaand 7 September kan Parysenaars en besoekers aan die dorp haar ook te siene kry  met haar splinternuwe, laserskerp, satiriese, slimsnaakse solostuk – Een keer ‘n week is genoeg wat in Parys opgevoer word.

* Onthou dat dit ook hierdie Saterdag Hartelusmark in Parys is.

Related Articles

Back to top button